Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

11.03.2010

Seniors bou kerk in ’n japtrap

© Republikein
Twintig van die NH-kerk se 21 lidmate op Hentiesbaai het die sooispitplegtigheid bygewoon. Die groepfoto is tydens die sooispittery op 3 Maart geneem. Die kerkgebou behoort binne drie maande voltooi te wees.

DIE 21 lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk op Hentiesbaai se jare stap al ’n bietjie aan, maar aan durf ontbreek dit nie. Daarom word ’n eie kerk nou op die vakansieoord gebou.

Die gemiddelde ouderdom van die minder as twee dosyn lidmate is 67 jaar, maar binne vyf jaar het hulle genoeg geld ingebring om die kerk te bou. Die sooispitplegtigheid van die nuwe kerk in Hentiesbaai se Atlantic- straat is op 3 Maart afgehandel.
© Republikein
Die eerste sooi van die NH-kerk se eie gebou op Hentiesbaai is deur me. Lettie Botha (81) gespit. Op die foto staan sy met ’n graaf tydens die plegtigheid.
Die eerste sooi is deur me. Lettie Botha omgedop. Op 81 jaar is sy die NH-kerk se oudste lidmaat op die dorp. Die byeenkoms is deur twintig van die 21 lidmate bygewoon. Die bou-opsigter is mnr. Jan Buys, ’n bekende in die konstruksiebedryf van Hentiesbaai. Die bouwerk behoort binne drie maande afgehandel te wees.

Vir die Hervormers van Hentiesbaai was dit amper ’n geval van pannekoek tot kerk. Lidmate hou die afgelope vyf jaar pannekoekverkope. Ander projekte word ook aangepak en al die geld het vir die boufonds gegaan. Groter skenkings is deur welmenende ondersteuners van die Hentiesbaaise Gideonsbende onderneem. Hentiesbaai vorm deel van die Nederduitsch Hervormde Kerk se groter gemeente Namibkus.

Die gemeente sluit die Erongo-dorpe Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai, Usakos, Karibib en Solitaire in. Die Hentiesbaaise kerk sal die gemeente se tweede wees met ’n NH-kerkgebou wat reeds op Walvisbaai gebruik word.

Volgens ds. Leon Janse van Rensburg van die gemeente Namibkus word beplan om binne vyf jaar ook ’n kerkgebou op Swakopmund op te rig.