17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

2.09.2010

Só lyk die naweek

© Republikein
BETER beligting op Swakopmund se ou kaai het die babervangers laat nader staan. Die manne met ’n liefde vir ’n baber in die pan of vir hul rookdromme trotseer die koue ná sononder op die jettie. Van die manne op die kaai vang deesdae ook al hoe meer kabeljou.

Vangste tydens die groot hengelkompetisie van die Visfees was nie waffers nie met net die een groot kabeljou van Henri Snyman wat twee dae voor die Visfees by Myl 30 uitgeslaan het. Die ou grote van 25 kg was vir Henri ’n tweede gelukskoot op dieselfde plek. Sy vorige grootste kabeljou was ’n 20 kg-vis wat hy op die dag en datum 17 jaar gelede daar gevang het.

Die afgelope dae het die galjoengate van Swakopmund tot by Myl 8 hul gasie gelewer. By Myl 14 het die jong kabeljoue vir die pan gesorg, asook by Wlotzkasbaken. In die omgewing van die wrak van die Winston langs die noordkus, plekke soos Die Galg en Ronde Klip, was die kabeljoue groter met baie wat tussen 4 kg en 5 kg ingeweeg het.

Gister en vandag het die see sy streke uitgehaal, maar die water behoort môre beter te lyk met gunstige toestande wat vir Saterdag en Sondag voorspel word. Selfs die wind gaan aansienlik bedaar.