Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

30.01.12

Tuisblad van 30 Jan '12

11.03.2010

Só lyk die naweek

DIE weer gaan draai. Dinsdag het koeler toestande reeds in die Kaap ingetree en sedertdien het die windrigting langs die sentrale kus na suid- en suid-suidwes gedraai. En die windjie behoort te stoot, sommer so teen 17 knope.

Die toestande word ook deur hengelaars verwelkom wat hul hengelkassies die afgelope dae ook met sonweermiddels moes laai. Die hengelwater het reg gelyk, maar die vis was skaars. Die kalm seetoestande sal na verwagting tot Maandag voortduur met rowwer water wat dan kan kom.

Hengelaars wat op die noordstrande by die Ronde Klip of die Skilpadklip gaan ingooi het, het heelwat jonger kabeljoue gekry. Die jong vis het ook by Terracebaai in die Skedelkuspark gebyt. Myl 98 het enkele kabeljoue opgelewer, maar dit was groter visse tot 7 kg. By Wlotzkasbaken was dit weer terug na die jonger kabeljoue.

By Myl 13 en agter die soutpanne tussen Myl 6 en Myl 8 het die galjoenvangers ’n ietsie vir die pan gekry.

By Myl 8 se sandbank het die leervis uitgeslaan. Dit was nog aan die klein kant, maar van die leervisse het tot 4 kg geweeg.