4.03.2010 Só lyk die naweek
DIE springgety van die naweek het net Sondag met die hengelwater gemors. Maandag was die see weer kalm en die gunstige toestande gaan volgens die sieners van die dam vir so ’n week so bly. Maandag het ’n groep hengelaars die gunstige toestande gebruik en saam 41 jong kabeljoue by die Predikantsgat noord van Kruiskaap gevang.
Dinsdag het ’n gelukskoot by Die Walle op ’n hengelaar uit Engeland gewag toe hy ’n steenbras van 13 kg uitgetrek het. Net suid van Jakkalsputz het ’n klompie mooi galjoene ook Maandag en Dinsdag gebyt. Die ongenooides van die see – sandhaaie, seeperde en St. Josephhaaie – het op die sandbank by Myl 8 gebyt.
Skibote het sommer naby Swakopmund se Mole goeie vangste van jong kabeljoue behaal. Die beste vangste is teenoor die wrak van die Kolmanskop net suid van Swakopmund en teenoor die vakansieoord se Vineta-strand behaal.
|