
Deelnemers aan vanjaar se 55ste ruitertoernooi van die Reiterverein Swakopmund (RVS) het gister op hul perde deur die middedorp van Swakopmund geparadeer. Die hoogtepunt sal vandag die dresseerderby wees, terwyl die perdespringderby en perdespringkampioenskappe môre en Sondag sal plaasvind.