
Gideon Musambani by een van die deelnemende ruiters tydens die toernooi, Franmari Lang. Perde is sy lewe.
HY het op die plaas met bokke en skape grootgeword. Maar nou is dit net perde. Hy glo dit sal die res van sy lewe sy rigting bly. Aan die woord is Gideon Musambani, die stalbeampte van die Reiterverein Omaruru. Hy was ‘n besige man tydens die veertigste toernooi van die Reiterverein Omaruru, maar soos voor die byeenkoms sal perde nou weer sy lewe bly. Almal op die terrein ken vir Gideon.
Volgens Gideon het hy gevoel hy is tuis toe hy ses jaar gelede by die ruitervereniging begin werk het. Daar het hy die kampioene in die ryen springnommers leer ken en self ‘n kursus in die rykuns aan die hand van ‘n instrukteur gevolg.
“Ek leer nog elke dag meer van perde. Een van die kenners by wie ek die meeste geleer het, is mev. Mary Lang.” Tydens die toernooi het hy al die deelnemende perde as sy verantwoordelikheid beskou. Normaalweg is daar sowat vyf perde op die terrein in sy sorg.