17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

24.08.2010

Ontploffing skud huis op Langstrand


Mnr. Albe Botha
’n ONTPLOFFING in hul weeldewoning op Langstrand het die gesin van Albe Botha van Windhoek nouliks aan die dood laat ontkom. Die hoëdruk dieselwarmwatertenk het in stukke gebars. Aanvanklik is gemeen dit was ’n gasontploffing Saterdagoggend in die nagtelike ure in die blyplek van die besturende direkteur van Pricewaterhouse Coopers, mnr. Botha.

Gister het die besturende direkteur van Afrox, mnr. Hennie de Wahl, gesê hy is nog besig met ’n ondersoek. Sy bevinding was toe al dat niks aan die gasinstallasie skort nie. Die gasbottels was ook nog vol. Die dieseltenk was egter aan flarde.

Hoewel niemand beseer is nie, is die hele grond- en eerste vloer van die woning ’n toneel van skroot. Ruite het gebars en op plekke was die hele vensterraam uit die muur. Glasskerwe het gestrooi gelê en op plekke het dit in die mure gesteek.

Die twee motorhuisdeure op die grondvloer is erg beskadig en ʼn stoep se muur het ook verbrokkel. Mnr. De Wahl vermoed dit was dieseldampe wat opgehoop het, maar hulle is nog nie seker hoe dit ontvlam het nie.

Na bewering het mnr. Botha die oggend opgestaan en was op pad van die tweede verdieping, waar die hele gesin geslaap het, na die eerste vloer, toe die slag die huis geskud het. Nie een van die gesinslede is beseer nie. Hulle het wel aan skok gely en is dadelik van die toneel verwyder.

Hoewel dele van die huis soos ʼn slagveld gelyk het, was ander plekke ongeskonde. Mnr. De Wahl sê dit is moontlik dat die beweerde dieseldampe in sekere dele van die villa opgehoop het.

Daar was nie ʼn vuur nie, net ʼn geweldige knal wat verwoesting gesaai het. Teen druktyd was kenners in die veld van hoëdrukdieseltenks steeds besig om die saak te ondersoek.