Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

2.09.2010

Nuwe deure swaai oop in boubedryf


By die opening van die E-Hard-Buildsentrum staan pa en seun, mnr. Helmut Egner, voor links, en agter hom sy seun Marc, saam met die Goewerneur van die Erongo-streek, mnr. Samuel Nuuyoma, en van die werkers. Mnr. Nuuyoma het hulle geluk- gewens en voorspoed toegewens.

SWAKOPMUND kan spog met ʼn nuwe sentrum vir ysterware en boumateriaal. Met ʼn gesamentlike bedryfservaring van vyftig jaar tussen die eienaars, mnr. Helmut Egner en sy seun Marc, staan E-Hard-Build in vir elke man se boubehoeftes.

Die sentrum is in Einsteinstraat in Swakopmund se nuwe nywerheidsgebied. Die sentrum het afdelings vir tuingereedskap en -toebehore en die ganse boubedryf, waaronder kragtoebehore, loodgieterswerk, binnenshuise versiering, hout, verf- en ook ʼn sekuriteitsafdeling.

Onder die 32 opgeleide personeellede is daar kenners op elke gebied wat raad en oplossings kan bied. Mnr. Marc Egner sê hulle het hul poel van kennis so diep as moontlik probeer maak deur ʼn kenner op elke gebied te kry.

“Daar is iemand wat kraggereedskap ken, iemand vir die houtafdeling en mense wat loodgieterswerk ken,” sê hy.

Daar is ook twee verfmengers waar klante hul kleure kan kies. Vir vroue hoef ʼn uitstappie na die ysterwarewinkel nie meer ʼn pyn te wees nie. Met ʼn koffiekroeg op die boonste vloer kan hulle lekker met hul vriendinne kuier, terwyl die mans met hul bousake besig is.

Die uitleg van die winkel is so dat die goed wat vinnig gekry moet word, soos elektrisiteitstoebehore, skroewe, moere en loodgieterswerk, maklik bekombaar is op die onderste vloer. Aankope wat meer tyd verg, kan op die boonste vloer gedoen word.

Die Goewerneur van die Erongo-streek, mnr. Samuel Nuuyoma, het die nuwe onderneming met die opening op Swakopmund verwelkom.

“Die dorp is besig om teen ʼn onrusbarende tempo te groei. Baie geboue word gebou en mense soek ontwerpe en materiaal van gehalte. Dis waar winkels soos E- Hard-Build handig pas, ” sê mnr. Nuuyoma.