17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

18.08.2010

Namibiëse visbedryf onder top in Afrika

© Republikein
Mnr. Bernhard Esau
NAMIBIË beklee ’n trotse plek onder die top tien van Afrika se visproduserende lande. Die visbedryf se jaarlikse produksie per kop is ook een van die hoogste op die vasteland. Die lof is deur die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, aan die visbedryf toegeswaai toe hy as spreker op die 20ste verjaarsdag van die visaanleg Namsov op Walvisbaai opgetree het.

“Die visbedryf is een van die hoekstene van die Namibiese ekonomie. Dit dra 4,9 persent tot die landsekonomie by en is ’n werkverskaffer aan 13 000 mense.”

Die Minister het gesê met die onafhanklikwording van Namibië was die nuwe regering se standpunt dat die visbedryf Namibië toekom, maar ook dat vennootskappe aangegaan kan word wat Namibiërs in staat sou stel om die hoogste opbrengste te haal. Oor vennootskappe het hy gesê die naam Namsov is juis ’n samevoeging tussen Namibia en Soviet.

Oor gemeenskapsdiens het hy gesê Namsov het bystand met die opleiding van geneeshere, tandartse en bioloë verleen. Sewe en twintig beurse en ses studiegeleenthede is aan Namibiërs beskikbaar gestel. Oor die marsbankerbedryf het mnr. Esau gesê in die verlede is op buitelandse bote vir vangste gereken.

In 1996 het Namsov sy eie bote begin koop en sowat N$363 miljoen in sy vloot belê. In 2005 het Namsov vennote gesoek om genoegsame kwotas vir die Namsov-vloot te bekom. Mede-eienaarskap is aan ondernemings gebied wat nie hul eie bote kon bekostig nie.

Dit het tot die stigting van die gesamentlike onderneming Trachurus gelei. Oor Namsov se arbeidsmag het hy gesê die maatskappy het 436 Namibiërs op land en op see in diens. Vir maatskaplike dienste het Namsov N$28 miljoen geskenk en nog N$8 miljoen in ’n waterboerdery belê.

Die besturende direkteur van Namsov, mnr. Jan Arnold, het gesê die maatskappy is trots op die wyse waarop hy sy kwotagelde en heffings betaal het, ondanks moeilike tye in die visbedryf.

Die vereffende kwotagelde het N$145 miljoen beloop en nog N$44 miljoen is uit byvangste vir navorsing betaal. Ander kwotahouers het N$44 miljoen van Namsov gekry om ook hul kwotas te verwerk. Aan belasting het Namsov N$227 miljoen betaal.

In die Namsov-bestaan is N$416 miljoen aan die Regering oorbetaal. Die Namsov-gemeenskapstrust beskik oor 10 persent van die aandeelhouding van Namsov. Uit die trust is meer as N$28 miljoen aan verdienstelike gevalle oorbetaal.