17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

1.09.2010

Namibiër kampioen van Afrika

© Jacques du Toit
Klik op die foto om te vergroot.
Die wenner van die FNB Afrika-uithouritkampioen-skappe vir ruiters en perde gister op Walvisbaai, Collin Tjandja, saam met sy perd, L Sham Khemo. Met ʼn tyd van 6:26:59 oor 120 km het hy die ander deelnemers uitgestof op die woestynroete wat ruiters oor Duin 7 tot by die kus gebring het.

Hoewel dit sy derde uithourit op Walvisbaai was, het dit niks makliker gemaak nie. “Dit is seker die moeilikste baan in Namibië,” sê Collin, “maar ek oefen baie hard op die plaas en my hele hart en siel is in perdry.”

Ná sy perd goedgekeur was deur die veearts het mede-ruiters saamgekom om hom geluk te wens op ʼn uitstekende rit.

Die wenner van die swaargewigafdeling was George Wessels met ʼn tyd van 6:37:22 oor 120km en in die junior afdeling was dit Alice Krenz met ʼn tyd van 6:23:34 oor 120km.