
Namibië se winter dra sy eie skoonheid. Dit het duidelik geblyk toe ‘n klam en koue front uit die binneland aan die begin van Julie oor die Namibgebiede gestoot het. Op 4 Julie het dit gelei tot drie berge met verskillende beelde op een en dieselfde dag. Op die fotoreeks deur Anneli Erasmus is daar ongewone weergawes van die Spitzkoppe en die Pondokberge tussen Arandis en Usakos. ‘n Misbank het die oggend oor die gebied gehang en die Spitzkoppe onthoof (links onder).
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.