Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

4.03.2010

Nacoma daag leerders uit om kus te bewaar

NAMIBIESE leerlinge kan as die President van Namibië sê wat gedoen moet word vir die bewaring en beskerming van die land se kuslyn.

Die uitdaging word deur die bewaringsinstansie Nacoma aan graad 10- en graad 11-leerlinge oor die hele land gerig in ’n opstelwedstryd waarvan die sluitingsdatum nou tot 30 April verleng is. Geldpryse en woestynen seetoere kan gewen word.

Die onderwerp van die opstel is "As jy die President van Namibië is, wat sal jy doen om ons kusomgewing te beskerm?"

Die koördineerder van die opstelwedstryd is mnr. Rod Braby en volgens hom is die sluitingsdatum verleng om leerders meer tyd te gun om uitgebreide navorsing te doen en met praktiese oplossings te kom. Die opstel moet uit ongeveer vyfhonderd woorde bestaan oor hoe leerders die kus se biodiversiteit en omgewing sal beveilig.

Die wenner van die opstelwedstryd sal N$1 000 van Venture Publications ontvang en die wenopstel sal in Air Namibia se tydskrif Flamingo gepubliseer word. Die wenner sal ook ’n woestyntoer saam met Living Desert Adventures in die duinegordel tussen Swakopmund en Walvisbaai onderneem.

Die tweede prys is N$500 en ’n woestyntoer vir twee saam met Tommy’s Tours en die derde prys is N$250 en ’n dolfyntoer vir twee saam met die seesafarimaatskappy Levo.

Die opstelwedstryd val saam met die Internasionale Jaar van Biodiversiteit, wat deur die Verenigde Nasies afgekondig is met die slagspreuk “Biodiversiteit is lewe, biodiversiteit is ons lewe”.

Inskrywings met die skrywer se skakelbesonderhede kan gestuur word aan Opstelwedstryd, Posbus 7018, Swakopmund, of dit kan afgegee word by Nacoma se kantoor in Sam Nujoma-rylaan, Standard Bankgebou, Kamer 8 op die eerste vloer.