17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

4.02.2010

Kyk teen ’n prys na Martin

DIT gaan nou geld kos om die Martin Luther net buite Swakopmund langs die hoofweg na Windhoek van naderby te beskou.

Volwassenes en kinders uit die buiteland sal elkeen N$10 moet opdok om die gerestoureerde ou stoomlokomotief uit die Duitse tydperk in sy skuur te sien. Namibiese volwassenes en kinders sal elkeen N$2 betaal. Vir skoolklasse en -groepe sal toegang gratis wees.

Die toegangsgelde is op die maandvergadering van die Swakopmundse munisipaliteit goedgekeur. Die versoek om toegangsgeld te hef, het van die huidige huurder, mnr. P. Victor, gekom.

Die stadsraad het effens afgewyk van mnr. Victor se voorgestelde toegangsgeld van een euro vir buitelanders.