17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

19.08.2010

Klein spitsseisoen wag in die streek

© Republikein
Me. Estelle Rubow, Toeristebeampte van Hentiesbaai met een van die vlaggies wat vanjaar op die Visfees gaan wapper.
’n SPITSEISOEN in die kleine breek vandag vir die Erongo-streek aan en sal tot minstens 4 September voortduur. Vandag se afskop is die amptelike opening van die Uraaninstituut op Swakopmund. Dit is waar belangstellendes alles oor die opkomende uraanbedryf met sy opleidings- en navorsingsvertakkinge te wete kan kom.

Dit word môre opgevolg met die amptelike opening van Swakopmund se nuwe munisipale brandweerstasie wat teen ’n koste van N$6,5 miljoen gebou is. Woensdag breek ’n wegbreekkans vir binnelanders aan met Donderdag as openbare vakansiedag.

Baie Namibiërs maak ’n kuiernaweek daarvan met een verlofdag vir Vrydag 27 Augustus. Juis so ’n verlofdag skep ’n uitstekende geleentheid vir binnelanders om Vrydag en Saterdag se Visfees op Hentiesbaai by te woon.

Op 1 September word die beroemde woestynmarathon (Afrika-kampioenskappe) vir ruiters en perde met Walvisbaai as basis gehou en op Saterdag 4 September is dit die mynmaatskappy Areva se halfmarathon vir drawwers en fietsryers om die Spitzkoppe, The Rock.

Namibiërs se dagblad, Republikein, dien as gids vir die tydperk met ’n spesiale bylae oor die Visfees Woensdag, asook die maandelikse byvoegsel, Erongo.