|
|
3.9.2010 Dit gaan soos dit wil op Omaruru |  ‘n ONRUSTIGE vrede rol op munisipale vlak op Omaruru voort in die aanloop tot die verkiesing van plaaslike owerhede teen die einde van November vanjaar. Die aanwysing van ‘n agtste stadsraadslid op ‘n dorp waarvoor die wet net sewe voorskryf rammel steeds. Lees meer |
|
2.9.2010 Swakop-lughawe bly ’n tydbom |  KWADE bloed kook op die Swakopmundse lughawe tussen die omstrede huurder, Swakopmund Airfield CC , en vlieëniers in die aanloop tot ’n hofgeding teen die einde van September in Windhoek. Saterdag het nog ’n voorval op die lughawe afgespeel toe ’n private vlieënier van Swakopmund. Lees meer |
|
2.9.2010 Omaruru-skool bly die appelkoning |  Die appelkonings met groot harte vir kanker is weer vanjaar op Omaruru. Vir die sesde jaar in ’n ry is die Afrikaanse Private Skool op die dorp bekroon as die wenners van Bank Windhoek se appelprojek vir die Kankervereniging in die afdeling vir hoërskole. Lees meer |
|
2.9.2010 Spiere gaan bult vir Mnr. Weskus |  in die Erongo-streek het rede om opgewonde te wees. Hierdie eens dooie sport gaan nuwe lewe kry nadat die spierboufanatici Davey Platt en Jood Opperman se planne gestalte gekry het.
Hulle eerste beplande kompetisie, Coastal Body Building, sal op 6 November ... Lees meer |
|
2.9.2010 Henties hou weer Visfees |  Die deelnemers aan die wedstryd vir die aanwysing van Mej. Tjokkertjie waai vir die beoordelaars. Hulle het aan een van drie skoonheidswedstryde in die Visfeestent deelgeneem. Lees meer |
|
2.9.2010 Nuwe deure swaai oop in boubedryf |  SWAKOPMUND kan spog met ʼn nuwe sentrum vir ysterware en boumateriaal. Met ʼn gesamentlike bedryfservaring van vyftig jaar tussen die eienaars, mnr. Helmut Egner en sy seun Marc, staan E-Hard-Build in vir elke man se boubehoeftes.
Die sentrum is ... Lees meer |
|
2.9.2010 Klassieke dis van jong musikante |  TWEE begaafde jong musikante van Namibië wat nou in die buiteland studeer, trakteer Swakopmunders vanaand op’n uitvoering van klassieke musiek met werke van meesters soos Brahms, Schumann, Schubert en ander bekende komponiste.
Die twee musikante, ... Lees meer |
|
2.9.2010 Harde werk Afrika se wagwoord vir gunstige groei |  AFRIKA is ryp vir groei en die vasteland se vooruitsigte en toekoms lyk positief, maar vir groei gaan harde werk en fokus nodig wees, volgens die besturende direkteur van Old Mutual Afrika (Bedryf), mnr. Johannes !Gawaxab.
“Die ontwikkeling van die kontinent is ʼn ... Lees meer |
|
2.9.2010 Areva bou klaskamers in DRC |  Leerlinge van die DRC-skoolprojek en gemeenskapsentrum op Swakopmund by een van twee nuwe klaskamers wat die mynreus Areva aan hulle geskenk het. Die waarde van die skenking beloop N$180 000. Saam met hulle op die foto is agter van regs me. Ivanna Kriner (een van die skoolstigters), me. Lees meer |
|
2.9.2010 Knyp of betaal op Walvisbaai |  OP Walvisbaai is die groot knyp afgekondig, sodat die manne en vroue van Kuisebmond later kan laat waai. As die natuur wel roep en hulle werklik ’n draaitjie moet loop, moet dit liefs bietjie-bietjie wees. Die probleem is steeds die gebreekte rioolpypleiding ... Lees meer |
|
2.9.2010 Drey-Andra Otto is Mej. Visfees |  Drey-Andra Otto van Grootfontein is as die mooiste meisie op die Visfees van Hentiesbaai gekroon.
“Dit was baie naby tussen die drie finaliste,” het een van die beoordelaars, Mauritz Slabbert van Hentiesbaai gesê.
“Drey-Andra is vriendelik, ... Lees meer |
|
2.9.2010 Uraanmyn se planne met baie mense |  GEEN bestuurstelsel kan die verwagte instroming van mense na die Erongo-streek stuit nie. Die werkloosheidvlak is hoog in Namibië. Gevolglik gaan mense na die Namib kom uit ’n blote aanvaarding dat werkverskaffing deur mynwording geskep gaan word. Die gevolgtrekking word in ’ ... Lees meer |
|
2.9.2010 Só lyk die naweek |  BETER beligting op Swakopmund se ou kaai het die babervangers laat nader staan. Die manne met ’n liefde vir ’n baber in die pan of vir hul rookdromme trotseer die koue ná sononder op die jettie. Van die manne op die kaai vang deesdae ook al hoe meer kabeljou. Lees meer |
|
1.9.2010 Namibiër kampioen van Afrika |  NuusbrekerDie wenner van die FNB Afrika-uithouritkampioenskappe vir ruiters en perde vandag op Walvisbaai is Collin Tjandja, saam met sy perd, L Sham Khemo. Lees meer |
|
31.8.2010 Watervrese aan die kus |  ‘n DALING in die opbrengs van die Omdel-waterskema by Hentiesbaai het kommer by bestaande en nuwe uraanmyne geskep dat ontwikkeling en produksie deur ‘n tekort gestrem gaan word.
Die bestaande Rössing is een so ‘n myn met twyfel of sy onttrekkingspermit vir Omdel-water hernu gaan word. Lees meer |
|
31.8.2010 Drankeuwels aan kus |  ALKOHOL het tot woede gelei en woede tot bloed. ʼn Vrou van Walvisbaai, wat blykbaar onder die invloed was, het haar man die naweek glo herhaaldelik aan sy arms gebyt. So erg was dit dat die bebloede man die hulp van paramedici moes kry.
Ook op Walvisbaai ... Lees meer |
|
30.8.2010 Bielie van fees |  ‘n Groot steenbras se laaste loop was Saterdag by Myl 72.
Die vis van 11,19 kg wat deur Arra Arangies van Tsumeb gevang is, was die kampioen as die grootste eetbare vis van die hengelkompetisie tydens die Visfees op Hentiesbaai.
Op die foto verkies die wenhengelaar dat sy matriekseun, ... Lees meer |
|
|