|
|
5.3.2010 Swakopmund soek noodplan |  ’n RAMP- of noodplan vir Swakopmund het ’n prioriteit geword. Tonne chemikalieë beweeg per spoor deur die dorp en groot busse karwei daagliks duisende werkers op smal teerpaaie na die uraanmyne in die Namib. Dit kan ’n tydbom wees. Is Swakopmund gereed vir ’ ... Lees meer |
|
4.3.2010 Marina se vaarwater te diep? | SWAKOPMUND se wit olifant wil weer nie loop nie. ’n Hervatting van die waterkantontwikkeling op die woonbuurt Vineta se noordstrande kan gekelder word deur tydskedules wat deur die stadsraad neergelê is en waaraan die ontwikkelaars moet voldoen.
Die ... Lees meer |
|
4.3.2010 Swakop se spietkops skiet g’n skoot vir orde |  SWAKOPMUND se munisipale verkeersmanne is nie skietpiete nie. Oor ’n tydperk van 14 jaar is uit sewe van agt handwapens nie ’n enkele skoot gevuur nie. Die agtste pistool, ’n Star, is op 28 Junie 2006 gesteel. Die klag van diefstal word steeds ondersoek. Lees meer |
|
4.3.2010 Só lyk die naweek |  DIE springgety van die naweek het net Sondag met die hengelwater gemors. Maandag was die see weer kalm en die gunstige toestande gaan volgens die sieners van die dam vir so ’n week so bly. Maandag het ’n groep hengelaars die gunstige toestande ... Lees meer |
|
4.3.2010 Nacoma daag leerders uit om kus te bewaar |  NAMIBIESE leerlinge kan as die President van Namibië sê wat gedoen moet word vir die bewaring en beskerming van die land se kuslyn.
Die uitdaging word deur die bewaringsinstansie Nacoma aan graad 10- en graad 11-leerlinge oor die hele land gerig in ’ ... Lees meer |
|
4.3.2010 Visier op skaars vis |  BESTUURSTELSELS vir vier Orange Roughy-velde binne Namibië se ekonomiese eksklusiewe sone (EEZ) op see kan in 2011 deur Namibiese en Spaanse wetenskaplikes nagevors word.
Die Spaanse navorsingsboot RV Vizconde de Eza is uitstekend vir die doel toegerus. Lees meer |
|
4.3.2010 DRC se vaste afval sal beter bestuur word |  Die bestuur van vaste afvalstowwe in die Swakopmundse plakkersbuurt bekend as die DRC gaan bevorder word met ’n bewilliging van N$475 000 deur die Erongostreekraad. Die oorhandiging is op die maandvergadering van die stadsraad deur die Goewerneur van die Erongo-streek, mnr. Lees meer |
|
4.3.2010 Hoe gemaak met buitebande? |  Wie weet wat om met ou buitebande te doen?
Die munisipaliteit van Walvisbaai sit met hul hande in hul hare oor die hoeveelheid buitebande wat by die asgate gestort word (foto). Daar lê reeds nagenoeg 1 500 buitebande van verskillende groottes en dit word by die dag meer. Lees meer |
|
4.3.2010 Die see mors met Tiger Reef |  Hoë branders tydens springgety het eers die kombuis van Tiger Reef onstabiel gemaak tydens hoogwater verlede naweek. Terwyl die mense nog gewik en geweeg het of die kombuis beveilig of verskuif moet word, het die branders weer in die nag gekom en die kombuis laat ineenstort. Lees meer |
|
4.3.2010 Swangerskap-inligtingdag 'n sukses |  Swakopmund se Cottage Medi-Clinic se jaarlikse opvoedkundige byeenkoms oor swangerskap is vanjaar in die vorm van ’n ooievaarspartytjie gehou. Die verwagtende ma’s en pa’s is toegespreek oor voorgeboortelike gesondheid deur me. Gesina Spangenberg, ’n kraamverpleegster. Lees meer |
|
4.3.2010 Hanganeni nóg N$100 000 sterker |  Die primêre skool Hanganeni op Swakopmund het ’n skenking van N$100 000 van die Okanona-omgeeprojek ontvang. Die geld is deur me. Annette Louw (middel) van die Okanonaprojek, met hoofsaaklik borge van Duitsland, aan die skoolhoof, me. Bertha I Kadhila (regs) oorhandig. Lees meer |
|
4.3.2010 Uitbarsting oor Mondesa se munisipale kompleks |  TWEE munisipale komplekse, ’n oue en ’n nuwe, was in die visier toe die eerste kartetse in Swakopmund se munisipale verkiesingsveldtog gebars het.
Die kornette in die aanvalsmag was die United Democratic Front se twee stadsraadslede en die teiken die Swapomeerderheid in die raad. Lees meer |
|
3.3.2010 Swakopmund se stadsraad vel vonnis |  DERTIEN steke in ‘n gapende wond aan die been van ‘n agtjarige seuntjie was op Swakopmund die voorspel tot transaksies van miljoene dollar wat die doodsklok vir die eens beroemde munisipale swembad van die vakansieoord laat lui het.
Die finale ... Lees meer |
|
3.3.2010 Swemmers by kus kry Olimpiese bad |  ‘n NUWE swembad volgens Olimpiese vereistes vir Swakopmund het ‘n wedloop teen tyd geword. ‘n Ooreenkoms is Vrydagmiddag met die munisipaliteit oor die swembad onderteken en die ontwikkelaar, mnr. Quinton Liebenberg van die Lighthouse-groep, ... Lees meer |
|
3.3.2010 Hentiesbaai-gastehuis ontvang gesogte toekenning |  Desert Rose Hentiesbaai onder die bestuur van Johan en Marieta van der Berg het geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer ooit twee gesogte toekennings in die toerismewêreld verower het. Die benoemings “First in Hospitality “ en” Superior Resort” ... Lees meer |
|
|