|
|
24.7.2008 Rugbyinval kom uit Engeland | EEN van die grootste sporttoergroepe uit ‘n enkele land gaan op 31 Julie op Swakopmund aankom vir ‘n verblyf van vyf dae. Die rugbystormloop kom van die dorp Ealing in Engeland en 152 geesdriftiges gaan hier verwelkom word. Meer ouers en geesdriftiges ... Lees meer |
|
24.7.2008 Een groot tuiste vir Swakop |  DIE sooi is gespit vir Swakopmund se nuwe stadhuis wat teen ‘n tenderbedrag van meer as N$61 miljoen opgerig gaan word. Saam met die voltooide lewering van dienste soos krag en water koers die ontwikkelingswerk in die omgewing van N$65 miljoen waarvan ... Lees meer |
|
24.7.2008 Voortrekkers presteer |  Twee Voortrekkers van Swakopmund, Jaco Jordaan (links) en Henning van Wyk, het pas elkeen die Presidentsverkennertoekenning in Suid-Afrika verwerf. Dit is die hoogste toekenning wat ’n skoolgaande Voortrekker kan behaal. Die standaard van die toekenning ... Lees meer |
|
24.7.2008 Jeug wys vernuf op Swakopmund | VERVAARDIGERS en die leweransiers van dienste, kunstenaars en sakevernuf van ‘n opkomende geslag gaan die drie kategorieë wees waarop gekonsentreer gaan word wanneer die jeugekspo van die Erongo-streek van vandag tot Sondag op Swakopmund gehou gaan word. Lees meer |
|
24.7.2008 Visfees se toegangsgeld in vaarwater | ‘n GEKIBBEL om toegangsgeld wat vanjaar vir Visfeesgangangers op Hentiesbaai gevra gaan word, is bygelê toe op ‘n enkele tarief vir bywoning van die byeenkoms asook die optredes deur besoekende kunstenaars gevra gaan word. ‘n Oplossing is blykbaar ook gevind vir ‘ ... Lees meer |
|
24.7.2008 Die Cantare Audire-koor |  Die Cantare Audire- koor en die Duitse kitaarspeler, Ulrich Busch (voor op die foto), bring môre hul romantiese Spaanse produksie, Olé, Swakopmund toe. Dit begin om 20:00 in die aula van die Primêre Skool Namib en die toegang is N$50 vir volwassenes en N$20 vir kinders. Lees meer |
|
24.7.2008 Groot deurbraak vir gimnastiek in skole |  DIE weg boontoe is vir Erongo-gimnaste gebaan met die aanvaarding van die Gimnastiekfederasie van Namibië deur die Skolesportunie van Namibië. Die NGF het met ‘n alleenvaart op die gebied van gimnastiek onder aanvoering van me. Valereis Geldenhuys volgehou ... Lees meer |
|
24.7.2008 Die silwerdoek wink weer vir Gallowwalker | DIE omstrede rolprent Gallowwalker het blykbaar tydelik aan die galgtou ontkom. Wesley Snipes, die hardgebakte ou in die hoofrol, sê net finale afronding moet in Londen aan die fliek gedoen word. Sou dit waar wees, sal dit ‘n einde maak aan Hollywood ... Lees meer |
|
23.7.2008 Veertien beraders voltooi opleiding op Arandis |  Veertien beraders het hul opleiding op Arandis voltooi om in die gemeenskap op te tree in ‘n program wat onder die vaandel Vry om te Groei (“ Free to Grow”) sal vaar. Die projek is op Arandis geloods en die doel is om inwoners van Arandis ... Lees meer |
|
23.7.2008 Perde in Gideon se bloed |  HY het op die plaas met bokke en skape grootgeword. Maar nou is dit net perde. Hy glo dit sal die res van sy lewe sy rigting bly. Aan die woord is Gideon Musambani, die stalbeampte van die Reiterverein Omaruru. Hy was ‘n besige man tydens die veertigste toernooi van die Reiterverein Omaruru, ... Lees meer |
|
23.7.2008 Renoster vrek in die Erongo's | EEN van die swartrenosterkoeie het gevrek pas nadat ‘n troppie in die bergbewaringsgebied van die Erongo’s geplaas is. Veldwagters het drie weke ná die koms van die logge diere vasgestel dat die koei gevrek het. ‘n Veearts is gelas om ondersoek ... Lees meer |
|
23.7.2008 Namibiese kleed oor Berg Everest |  MATT Williams (29), ‘n gebore Swakopmunder, het die hoogste spits van die berg Everest om halfnege (Nepaltyd) op 23 Mei bereik. In Namibiese tyd was dit net ná drie-uur die nag. In die rekordboeke staan opgeteken dat hy die eerste gebore Namibiër is wat die hoogste spits bereik het. Lees meer |
|
23.7.2008 Dorpe laat kus Shine | DIE drie dorpe van die Erongo-kus span sedert die begin van Julie saam om die ganse sentrale kusgebied skoon te maak. Die veldtog sal ses maande duur en behoort aan vakansiegangers in die begin van Desember skoon strande te verseker. Die veldtog is ‘ ... Lees meer |
|
23.7.2008 Skatgrawers wys juwele |  ‘n OPKOMENDE geslag uit die geledere van Namibië se kleinmyners het vir nog ‘n deurbraak gesorg met ‘n kraampie op ‘n groot ry- en springtoernooi vir perderuiters op Omaruru. Edelstene het van versamelaarstukke in ru-vorm tot geslypte stene en allerlei juweliersware gewissel. Lees meer |
|
23.7.2008 Perdebeeld van skroot steel kollig op veiling |  PERDEBEELDE van skroot deur ‘n Omarurukunstenaar, Samwele Natangwe Kamati, was ‘n treffer op ‘n veiling wat met die veertigste byeenkoms van die Reiterverein Omaruru saamgeval het. Eens was Samwele ‘n kunstenaar met draad. Nou werk ... Lees meer |
|
23.7.2008 PPRC trek laer teen misdaad ná skokondersoek | DIT was nag in Swakopmund se buitebuurte. Blêrmusiek het uit ‘n nagklub gebulder. Kinders het met wynkanne in die strate rondgeslinger. Mans het met gebreekte bottels op straat gestaan. Dit was hul wapens vir die nag. Tyd het nie meer ‘n rol gespeel nie. Lees meer |
|
23.7.2008 Vooruitgang wink op Usakos |  ‘n DAG gaan kom wanneer die Usakos/Karibib-gebied een groot metropool kan word. Dit gaan ‘n groot en voorspoedige gemeenskap wees met die mynwese as die groot stut van die ekonomie. Die man met die droom is die hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit van Usakos, mnr. Lees meer |
|
23.7.2008 Arandis reg vir uraanstorm | ARANDIS is besig met die ontwikkeling van twee lappe grond waarop vyfhonderd huise en ander geboue kan verrys vir die toestroming van mense met die uraanstormloop in die Namib. In die ontwikkeling word ook voorsiening gemaak vir die koms van Chinese.
Die ... Lees meer |
|
23.7.2008 Twee jong geesdriftiges |  Twee jong geesdriftiges met ‘n groot liefde vir perdesport op die veertigste skouspring- en dresseertoernooi van die Omaruru Reiterverein. Links sit Simson Uazeua en by hom is Asser Krembona. Hulle het elke nommer in die arena gevolg en hul applous het van ‘ ... Lees meer |
|
23.7.2008 Myl 4 se geheim uit | DIE geheim van die doodsakker van Myl 4 is eintlik geen geheim nie. Dis nie massagrafte uit ‘n vorige tydvak van geweld nie. Dit verteenwoordig ook nie ‘n onopgetekende gruwel wat by historici verbygegaan het nie. Die hopies grond wat deur ‘ ... Lees meer |
|
23.7.2008 Skenker bring hoop |  ‘n ONBEKENDE skenker het hoop by Taryn Leyland laat opvlam dat sy naby die einde van haar weg van pyn is. Die Swakopmundse nooi moet dringend ‘n delikate heupoperasie ondergaan met welmenendes van die vakansieoord wat geld vir haar behandeling insamel. Lees meer |
|
23.7.2008 Al bewende in wêkshop se rookwalm |  OM te te, of nie te te nie. Dit was William Shakespeare se gevleuelde woorde toe hy nog ’n beesboer van Gobabis was. Op ’n wêkshop hier op Swakop waar die governor die "natural air con" oopketel laat loop, word dit toe om te bewe, of nie te bewe nie. Lees meer |
|
23.7.2008 Hentiesbaai | DIE dooie punt waarmee die munisipaliteit van Hentiesbaai op die vlak van die bestuurskomitee verkeer, strook met geen beginsel van gesonde sake in ‘n plaaslike owerheid nie. Dit verteenwoordig niks anders nie as ‘n halsstarrigheid waarmee dorpsontwikkeling geblokkeer word. Lees meer |
|
23.7.2008 Namibië se winter dra sy eie skoonheid |  Namibië se winter dra sy eie skoonheid. Dit het duidelik geblyk toe ‘n klam en koue front uit die binneland aan die begin van Julie oor die Namibgebiede gestoot het. Op 4 Julie het dit gelei tot drie berge met verskillende beelde op een en dieselfde dag. Lees meer |
|
23.7.2008 Waarskuwing kom teen rooigety | MOONTLIKHEDE van ‘n vroeë waarskuwingstelsel teen ramptoestande op see soos tydens die rooigety vroeër vanjaar, kan ontwikkel word danksy samewerking tussen die ZMT (Zentrum für Marine Tropenölogie) van Duitsland en die Universiteit van Namibië. Dit ... Lees meer |
|
23.7.2008 Gideonsbende bewaarheid droom |  HENTIESBAAI het die plek vir ‘n langer lewe geword, sê die burgemeester, me. Gisela Cramer. Die klimaat is wonderlik, die lug is besoedelingsvry en gelaai met suurstof en die vog van die see. Die geleentheid was verlede week ‘n sooispitplegtigheid vir die eerste fase van ‘ ... Lees meer |
|
23.7.2008 Ruiter en perd mik na 100 jaar |  “KYK dan hoe stap hy daar weg. Hy lyk soos 28.” Die verskoning is deur ‘n jong ondersteuner van die Reiterverein Omaruru aangebied na ‘n nimlike gekorswel met Hermann Falk. Die geleentheid was die veertigste toernooi van die Reiterverein Omaruru. Lees meer |
|
23.7.2008 Langasems pak die Spitzkoppe |  ‘n ATLETIEKDEUR het oopgeswaai op die Spitzkoppe, een van die grootste natuurbates van die Erongo-streek. Op 30 Augustus gaan ‘n halfmarathon byeenkoms op ‘n roete om die berg gehou word. Terselfdertyd gaan dit die toetrede van ‘n nuwe mynreus van die omgewing, ... Lees meer |
|
23.7.2008 Heimat help gholfnooi |  Bonita Bredenhann, Hentiesbaai se 16-jarige gholfster, is terug in Johannesburg vir ‘n verblyf van twee maande in Suid-Afrika waar sy aan reekse toernooie gaan deelneem. Op Hentiesbaai het sy rede gehad om by haar ouers, Flip en Wilna Bredenhann, te ontspan. Lees meer |
|
23.7.2008 Spoedvraat soek rekord |  ‘n SWAKOPMUNDER wil teen 300 kilometer per uur met sy Volkswagen Polo ry. Dalk haal hy selfs 340 km/h, maar enigiets bo driehonderd sal hy as ‘n bonus aanvaar. Hy meen hy het al so 240 km/h met sy karretjie gehaal. Die jaagduiwel is ‘n sakeman van Swakopmund, ... Lees meer |
|
23.7.2008 Uitspanplek vir toeriste aan buitewyk van Usakos |  WAS daar ‘n voorskrif vir ‘n ruskamp op Usakos, sou dit wees dat dit uit die aarde van die landelike gemeenskap van Erongo moes kom. En was daar so ‘n riglyn, is dit presies wat Hannelie van Rhyn naby die oostelike ingang van die dorp bou. Lees meer |
|
23.7.2008 Autohaus beroem hul op diens | AUTOHAUS Swakopmund is die enigste Volkswagenhandelaar langs die sentrale kusgebied. Dit bedien ook gemeenskappe soos Karibib, Usakos en Omaruru. Die onderneming is bekend vir goeie diens aan klante, volgens die takbestuurder, me. Mandie Holloway.
“ ... Lees meer |
|
23.7.2008 Swakop Tiles gooi wal teen boukoste |  DIE oplossing van probleemsituasies van Namibië vorm die hoekstene van ‘n nuwe aanleg vir die vervaardiging van dakteëls op Swakopmund. Daarvoor is ‘n geskatte N$5 miljoen en meer deur die Fritze & Quelle-groep in sy filiaal, Swakop Tiles, in die ... Lees meer |
|
23.7.2008 Deli kom vars uit die see |  “EK soek van die calamari in die kokosroom. Van daai wat net reg vir die pan is.” Waarop Stefanie verleidelik antwoord: “Of wat dan van sushi op ‘n stokkie soos ‘n vissatie. Kom proe die spesiale gereg van die onderskatte engelvis in sy Japanse gedaante. Lees meer |
|
23.7.2008 Twee meesters laat Duitse vleiskuns leef |  DIE tradisionele vleiskuns van Duitsland leef voort in die hartjie van Swakopmund se sakegebied danksy twee meesters in die slag- en verwerkingskuns. Hulle is die egpaar Gero en Katja Düvel van die Swakopmunder Fleischerei & Bistro. Soos in die huwelikslewe is hulle een om die vleispotte. Lees meer |
|
23.7.2008 Namibiër oorwin Himalajas se Everest |  DIT was 18 Mei 2008. Die hele klimgeselskap was die ene opwinding, want dit was die laaste keer wat ons die basiskamp sou verlaat. Eers was daar ‘n ritueel om die pooja. Dit is ‘n vierkantige klipstapel met wande van sowat ‘n meter waarin ‘n paal geplant is. Lees meer |
|
23.7.2008 Baie wil wys by Klippenberg | UITSTALLERS en kunstenaars het met feitlik die helfte teenoor verlede jaar toegeneem, sê Pieter Dirks van die komitee van die Klippenbergfees wat op 2 Augustus ‘n hoogtepunt op Karibib gaan bereik. Die belangstelling onder kunstenaars was so groot dat laatkommers weggewys moes word. Lees meer |
|
23.7.2008 Die begin van ‘n nuwe bierbrouery |  Die begin van ‘n nuwe bierbrouery op Karibib? Die biertenk het in die hoofstraat voor die nuwe restaurant Zum Alten Bahnhof in die ou stasiegebou in die hoofstraat verrys en volgens inligting gaan dit gebruik word om Karibib se eie Weissbier te brou. Lees meer |
|
23.7.2008 Voorsitter van die wakker komitee |  Attie Stadler (regs) is die voorsitter van die wakker komitee van die Klippenbergfees. Hy en die ondervoorsitter, mnr. Pieter Dirks, het oorkoepelend in die organisasie opgetree. Die saamtrek op Karibib sal op 1 Augustus met ‘n aanloop vir kunstenaars ... Lees meer |
|
23.7.2008 Karibib stal uit in Moskou | NAMIBIESE kuns en handvaardighede in ‘n toonlokaal in Moskou het pas geopen danksy die ywer van vyf Russe aan die buitewyke van Karibib. ‘n Soortgelyke toonvenster vir Namibië gaan deur dieselfde vyfmanskap in Duitsland begin word. Die uitstallings verteenwoordig hoofsaaklik ‘ ... Lees meer |
|
23.7.2008 HAN bring warmte |  DIE Hospitality Association of Namibia (HAN, Kusgebied) het ‘n Venster van Hoop teen die bittere koue oopgeswaai met ‘n groot skenking van komberse aan mense van Omdel, die Hentiesbaaise buurt waar mense bly wat dit nie breed het nie. “HAN ... Lees meer |
|
23.7.2008 Wildsvleis wag op dorp se gaste | DIE Klippenbergfees op 2 Augustus op Karibib gaan aan besoekers ‘n geleentheid bied om die laaste keer die winter hul vrieskaste met wildsvleis te laai. Bernhard Pieters van die OK Minimark op Karibib sê sy diens is aanvullend tot die Klippenbergfees ... Lees meer |
|
|