Hentiesbaaiers vaar goed in die buurland

?n Sestiende en ?n derde plek was die loon van die twee groot gholftoernooie waaraan Hentiesbaai se jong gholfster, Bonita Bredenhann, in April in Suid-Afrika deelgeneem het.

In Sanlam se houespel vir vroue (amateurs) by die Umhlali-buiteklub in Durban het Bonita sestiende geëindig. In die A-afdeling was Bonita een van 105 vroue wat deelgeneem het. In die B-afdeling in Durban was haar ma, Wilna, tweede met 23 vroue wat vir die toernooi van 14 tot 17 April aangetree het.

Haar volgende toernooi was op 21 en 22 April, die Vrystaat Ope in Bloemfontein. Sy was derde onder die 32 deelnemers. Tot op die laaste dag was Bonita die voorloper, maar het toe op een putjie drie houe aan baansyfer afgestaan. In Bloemfontein het Wilna die B-afdeling maklik met nege houe gewen.

Kategorie: