17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

3.03.2010

Hentiesbaai-gastehuis ontvang gesogte toekenning

© Republikein
Desert Rose Hentiesbaai onder die bestuur van Johan en Marieta van der Berg het geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer ooit twee gesogte toekennings in die toerismewęreld verower het. Die benoemings “First in Hospitality “ en” Superior Resort” is op ’n spoggeleentheid wat deur meer as eenduisend mense bygewoon is, in Durban aan hulle oorhandig. “Ons was baie verras om genoemde toekennings te ontvang omrede ons met 57 topoorde van ‘First Resorts’ regoor Suid-Afrika moes kompeteer om in aanmerking te kom. ‘First Resorts’ bestuur tans 57 deeltitel-oorde en ’n aantal gholflandgoede en het oor die tweehonderd duisend lede. Ons kan nie anders as om ook aan ons personeel wat saam met ons op die foto verskyn, dankie te sę vir hul lojaliteit en positiewe gesindheid wat hulle teenoor ons geopenbaar het nie. Sonder julle sou dit net eenvoudig nie moontlik gewees het nie.” Vier van hulle het ook dienssertifikate vir tien jaar ononderbroke diens ontvang.