Henties se Paulus bots weer met gereg

Al drie het Maandag in die Hentiesbaaise hof verskyn waar borgtog van N$1 000 aan elkeen toegestaan is. Teen gister was dit nie bekend of die borgtog betaal is nie, maar dit is bekend dat die saak tot 28 Maart uitgestel is. Die drie mans sal op Khorixas verskyn wat jurisdiksie het oor die gebied waar die beweerde oortredings begaan is.

Die verskyning op Khorixas dui daarop dat die oortredings op die strande van die geslote Skedelkuspark plaasgevind het. Volgens een bron was dit Toscanini, ?n gebied sowat 40 km van die Ugabhek as suidelike ingang na die park. Toscanini was ook die plek waar Iimbamba op ?n vorige soortgelyke oortreding verskyn het.

Die Inspektoraat van Seevisserye het gister nie besonderhede van die jongste voorval verstrek nie. Beweringe is wel dat die klagte verband hou met hengelpermitte, ?n oorskryding van die toegelate hoeveelheid vis per hengelaar per dag en die gebruik van verbode aas, in die geval wurms. Volgens een weergawe was die mans in besit van 70 visse terwyl die toegelate kwota per hengelaar per dag tien visse is.

Iimbamba het ook verlede jaar die nuuskolomme gehaal toe hy skuldig bevind is nadat hy as raadslid van Swapo die burgemeester van Hentiesbaai, me. Gisela Cramer (Inwonersvereniging, CIVICS), in haar ampskantoor aangeval het. Hy het haar onder meer met ?n telefoon deur die gesig geslaan.

Kategorie: