Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

08.02.12

Tuisblad van 08 Feb '12

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

2.09.2010

Harde werk Afrika se wagwoord vir gunstige groei

© Republikein
Mnr. Johannes !Gawaxab
AFRIKA is ryp vir groei en die vasteland se vooruitsigte en toekoms lyk positief, maar vir groei gaan harde werk en fokus nodig wees, volgens die besturende direkteur van Old Mutual Afrika (Bedryf), mnr. Johannes !Gawaxab.

“Die ontwikkeling van die kontinent is ʼn belangrike proses om op die egte vryhede van mense uit te brei.”

Hy het opgetree tydens die opening van Old Mutual Afrika se Sakebeplanningskonferensie die naweek op Swakopmund. Op die byeenkoms was van Old Mutual Afrika se topbestuurslede uit Namibië, Malawi, Kenia, Swaziland en Zimbabwe. Hulle het sakestrategieë vir die volgende drie jaar bespreek met die oog daarop om teen 2015 15% tot Old Mutual Suid-Afrika se inkomste by te dra.

“Ons het vir onsself ʼn ambisieuse doelwit gestel wat ons net kan bereik indien ons gesamentlik optree,” sê mnr. !Gawaxab.

“Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) het met 4.9% per jaar gegroei van 2000 tot 2008, volgens McKinsey & Company. Die telekommunikasie-, bank- en kleinhandelsektore floreer, konstruksie is besig om op te tel en infrastruktuurbeleggings bly styg,” sê mnr. !Gawaxab.

“Armoede is besig om te daal in verskeie Afrika-lande, ekonomiese groei in die afgelope twee dekades het veral toegeneem en Afrika se gemiddelde Gini-koëffisiënt (geldverdeling) is af van 0.66 na 0.63. Dit beteken rykdom vind sy pad in al hoe meer hande.”

Hy motiveer hierdie positiewe groei in Afrika aan verbeterde bestuur deur regerings, verbetering in die makro- ekonomiese omgewing, mikro- ekonomiese hervormings en Afrika-lande wat die voordele van demokrasie besef.

“Daar is bietjie minder as een biljoen mense in Afrika, met die meerderheid wat jong mense is. Dit maak ons die jongste vasteland in terme van menslike kapitaal. Ons mense is ons beste hulpbronne en ons moet massiewe beleggings in hulle maak,” sê mnr. !Gawaxab.

Verbeterings in Afrika se infrastruktuur, sterk leierskap, samewerking tussen belangegroepe soos die private sektore en regerings en toegang tot kapitaal is kardinale doelwitte waarop gefokus moet word indien Afrika bo die res gaan uitblink.