17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

2.02.2012

Goewerneur loof kusskole

© Le Roux van Schalkwyk

DIE goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, het by Hoërskool Westside op Swakopmund besoek afgelê as deel van ʼn twee week lange program waartydens hy al die skole langs die kus besoek. Hy het tydens sy besoek aan die skool sy waardering uitgespreek vir die goeie uitslae wat die kusskole in die afgelope eksamens behaal het.

Hy het gesê dat onderwysers van kusskole ʼn groter verantwoordelikheid het asook baie meer daaglikse uitdagings in die gesig staar as wat skole in die landelike dele van die streek teenkom. Volgens Mutjavikua sluit van die uitdagings die talle sjebeens in wat in die leerlinge se buurte sake doen.

“Die invloede van sjebeens kan ʼn baie negatiewe invloed op hulle hê en dit vereis dat onderwysers daardie ekstra myl met hul pogings in opvoeding sal moet gaan.” Hy het ook aangevoer dat probleme soos satanisme en dwelms ook meer volop op die groter dorpe langs die kus voorkom as wat op landelike gebiede die geval is.