Drey-Andra Otto van Grootfontein is as die mooiste meisie op die Visfees van Hentiesbaai gekroon.
“Dit was baie naby tussen die drie finaliste,” het een van die beoordelaars, Mauritz Slabbert van Hentiesbaai gesê.
“Drey-Andra is vriendelik, toeganklik en het die regte houding op die verhoog. Bowenal beskik sy oor daardie X-faktor wat haar van die res onderskei het.”