
Die bestuur van vaste afvalstowwe in die Swakopmundse plakkersbuurt bekend as die DRC gaan bevorder word met ’n bewilliging van N$475 000 deur die Erongostreekraad. Die oorhandiging is op die maandvergadering van die stadsraad deur die Goewerneur van die Erongo-streek, mnr. Samuel Nuuyoma, aan die burgemeester, me. Germina Shitaleni, en die vakansieoord se gesondheidshoof, mnr. Clive Lawrence, gedoen. Op die foto staan van links mnr. Lawrence, me. Shitaleni en mnr. Nuuyoma. Met die ontvangs van die geld het me. Shitaleni gesê die bedrag sal help om ontwikkeling tot by die mense te bring.