Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

08.02.12

Tuisblad van 08 Feb '12

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

11.03.2010

Dolphin en Kudus draf op vir hoofstad se sewes

© Boet Matthews
’n Speler van Dolphinop pad om agter Unam se doellyn te gaan druk in ’n wedstryd wat gelykop geëindig het in die naweek se sewestoernooi wat op Walvisbaai aangebied is. Unam het die toernooi gewen met Kudus in die tweede plek. Dolphin van Swakopmund en Kudus van Walvisbaai is die twee kusspanne wat die naweek aan die sewestoernooi in die Hage Geingob-stadion in Windhoek gaan deelneem. Die eindfluitjie vir die toernooi in Windhoek sal blaas net voordat die Welwitschias en Griekwas op die veld gaan draf vir hul Vodacom-kragmeting.

TWEE kusspanne is in die stryd vir eerskomende naweek se spanningsvolle eerste volwaardige sewestoernooi in Windhoek.

Die manne van die see is ’n opgeklitste Kudus van Walvisbaai en Dolphin van Swakopmund, nou onder afrigtingskap van Jood Opperman, ’n man wat klaar ’n verandering by die span teweeggebring het.

Hy het verlede jaar as breier die Rehoboth Rugbyklub tot groot hoogtes aangevoer. Vyf van die spanne wat in kompetisies in die Noorde, Suide en Weste meegeding het, sal van Vrydagaand af saam met ’n klub in die beste sesde posisie sake in die Hage Geingob-stadion begin uitspook.

Die stryd word Saterdagoggend voortgesit om te bepaal wie vir die eerste keer met dié kroon gaan wegstap. Die eindfluitjie sal net voor die opdraf van die Welwitschias teen Griekwas blaas.

Hierdie toernooi is moontlik gemaak deur grootse handevattery tussen alle deelnemende klubs en die Namibiese Rugby-unie. ’n Aanvanklike beloofde borgskap het nie gematerialiseer nie en die rugbyspelers moet nou die wa op eie stoom deur die drif trek.

Dolphin was beslis die verrassing van verlede Saterdag se goed bygewoonde kuswedstryde in die Narraville-stadion waar Kudus ook in die kalklig gedeel het.

Die ander spanne wat op Walvisbaai kragte gemeet het, was Windhoek Rugbyklub, Politegnikum en die wenners van die groep, Unam, wat almal vir Vrydagaand se skouspel gekwalifiseer het.

Kudus as die gasheer het heel gepas ook in die laaste kragmeting van die dag teen Unam te staan gekom en naelskraap verloor om in die tweede plek te eindig.

Die kompetisie het begin met die eerste uitdunne op Oshakati en daarna is die aandag na Mariental verskuif waar spanne mekaar aangedurf het. Toe was dit tyd vir die derde skof op Walvisbaai waar Swakopmund en Jaguars nie die pyp kon rook nie.

Saterdag in Narraville was die dissipline, goeie ondersteuning en seepgladde organisasie opvallend in ’n dag propvol vonkelende spel en ewe opwindende drieë en stelskoppe.