4.03.2010 Die see mors met Tiger Reef
Hoë branders tydens springgety het eers die kombuis van Tiger Reef onstabiel gemaak tydens hoogwater verlede naweek. Terwyl die mense nog gewik en geweeg het of die kombuis beveilig of verskuif moet word, het die branders weer in die nag gekom en die kombuis laat ineenstort.
Op die foto's kan gesien word hoe die water die infrastruktuur beskadig het.
Opruimingswerk is reeds aan die gang en hoewel die kombuis gesluit is, gaan die gewilde kuierplek reeds weer voort met sake soos gewoonlik.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|