24.07.2008

Die Cantare Audire- koor en die Duitse kitaarspeler, Ulrich Busch (voor op die foto), bring môre hul romantiese Spaanse produksie, Olé, Swakopmund toe. Dit begin om 20:00 in die aula van die Primêre Skool Namib en die toegang is N$50 vir volwassenes en N$20 vir kinders. Kinders onder 12 kan die konsert gratis bywoon. Kaartjies is beskikbaar by die Muschel en by die deure.