Erongo


Erongo Binneland


Erongo Hentiesbaai


Erongo Omaruru


Erongo Swakop


Erongo Walvisbaai


Tuisblad-argief

07.02.12

Tuisblad van 07 Feb '12

06.02.12

Tuisblad van 06 Feb '12

03.02.12

Tuisblad van 03 Feb '12

02.02.12

Tuisblad van 02 Feb '12

01.02.12

Tuisblad van 01 Feb '12

31.01.12

Tuisblad van 31 Jan '12

11.03.2010

Desemberseisoen in Maart?

© Anneli Erasmus
Die Desemberseisoen in Maart? Dis hoe die swemplek in die Mole Sondag gelyk het toe ’n hittegolf Swakopmunders see toe gejaag het. Die strand en swemplek in die Mole het gewemel van mense en kinders het in hul poel by die grasperk baljaar. Volgens die amptelike weerkykers het die kwik maar gesukkel om 30 grade Celsius te haal, maar kuswoners sê dit was baie meer. Motorryers uit die binneland het beweer temperature het in die woestyn naby Swakopmund tot meer as 40 grade C gestyg. Dit is Maart, maar die buitengewone hitte is vergelyk met toestande wat normaalweg in Februarie langs die kus heers. Binnelanders het dit met oosweertoestande verwar, maar dit was net versengende somertoestande met min wind. Die toestande langs die kus het ook met ’n hittegolf in die Wes-Kaapland saamgeval.