
Van links is Mej. Tiener, Dalize de Swardt, saam met die eerste prinses, Leoni van Jaarsveld en die tweede prinses, Stephanie Marais.
VAN die mooiste onder die mooistes het aan vanjaar se Mej. De Duine-kompetisie op Hentiesbaai deelgeneem toe meer as 69 meisies ingeskryf het. Massiewe prysgeld was op die spel en dit was Chante Kotze wat met die titel van Mej De Duine en N$15 000 weggestap het.

In die Mej. De Duine-kompetisie het van die mooiste meisies ingeskryf. Die wenners is van links die eerste prinses, Gizelle Serdyn, Mej. De Duine, Chante Kotze, en die tweede prinses, Juan-Mari Coetzee.
Die eerste prinses was Gizelle Serdyn wat N$10 000 ontvang het met die tweede prinses, Juan-Mari Coetzee, wat N$5 000 gewen het.
“Ons was baie gelukkig met die kompetisie, want jy kon sien die meisies het ingeskryf om te wen. Hulle was regtig mooi en volgende jaar gaan ons net groter,” sê mnr. Johan Venter van hotel De Duine. Meer as drieduisend mense het vir vanjaar se hengelkompetisie by De Duine opgedaag.
Desember was ook ʼn baie suksesvolle maand vir die hotel wat nog tot in Januarie ʼn volbespreekte restaurant gehad het.
Mej. Namibië, Luzaan van Wyk, het die kronings waargeneem.