17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

30.08.2010

Bielie van fees

© Jacques du Toit
Klik op die foto om Arra se wenvis te sien.
‘n Groot steenbras se laaste loop was Saterdag by Myl 72.

Die vis van 11,19 kg wat deur Arra Arangies van Tsumeb gevang is, was die kampioen as die grootste eetbare vis van die hengelkompetisie tydens die Visfees op Hentiesbaai.

Op die foto verkies die wenhengelaar dat sy matriekseun, Hugo (regs), die ou grote vir Republikein vertoon.

Arra het ‘n mengsel van pelser en kreef as aas vir die steenbras gebruik wat aan hom ‘n prysgeld van N$10 000 deur Eerste Nasionale Bank besorg het.

Meer as vyf honderd hengelaars het aan die kompetisie deelgeneem, maar dit was in die algemeen nie ‘n dag vir die grotes nie. Kabeljou het lelik uitgesak met die kategoriewenner van die dag wat die skaal op net 4,525 kg getrek het.

Die wenkabeljou is deur Gert Olivier by Myl 108 met pelseraas gevang. Sy prysgeld was
N$5 000.

Selfs die kategoriewenner vir steenbras was groter as die kabeljou. Dit was ‘n steenbras van 7,840 kg wat Theo Paauw by Jakkalsputz gevang het.

Dit het aan hom die kategorieprys van N$5 000 besorg. Giel Verster se wengaljoen het 2,31 kg geweeg en is by die hengelplek Canopy gevang.

Die wenkolstert was aan die klein kant. Marcel Baas se kolstert van 1,145 kg is by Myl 6 gevang. Die katergoriepryse vir galjoen en kolstert was in elke geval N$3 000 deur die Namibiese Hengelunie.

Die Namibiese Hengelunie het voor die kompetisie na ‘n kerf van vyf honderd hengelaars gemik.