
Leerlinge van die DRC-skoolprojek en gemeenskapsentrum op Swakopmund by een van twee nuwe klaskamers wat die mynreus Areva aan hulle geskenk het. Die waarde van die skenking beloop N$180 000. Saam met hulle op die foto is agter van regs me. Ivanna Kriner (een van die skoolstigters), me. Sugnet Smit (Areva) en mnre. Claudius Khoeseb (onderwyser), Nelchios Elsler (vrywilliger), Felix Faerber (vrywilliger). Heel links agter is me. Dina Muningirua (onderwyser). Die twee klaskamers en meegaande opknappings vergemaklik die dertig leerlinge en die twee onderwysers van die projek se skooldag. Me. Kriner sê die skenking bied hulle ook ’n geleentheid om een van die ouer klaskamers in ’n biblioteek te omskep.