17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

24.08.2010

Arandis se einde voorspel

VIR die dorp Arandis in die Namib gaan die oordeelsdag oor sowat twintig jaar aanbreek. Dit is wanneer die poorte van die uraanmyn Rössing gaan sluit en die arbeidsmag in die węreld se derde grootste groef na 200 en selfs minder gaan krimp.

Die makabere prentjie is geskilder toe die ondersoekspan na ’n vergrote Rössing en die maatskaplike en omgewingstrefkrag daarvan Vrydag by die Rössmund-gholfklubhuis ’n opsomming van hul studiestuk aan die media vrygestel het.

In die verslag deur Aurecon word die vertroue uitgespreek dat die finansiële krag van ’n onafhanklike Arandis selfonderhoudend gaan wees wanneer die uur van beslissing gaan aanbreek. Juis om Arandis onafhanklik van die myn te maak, gaan Rössing sy eienaarskap van eiendom gaandeweg afskaal.

“Rössing gaan nie nog eiendom op Arandis koop nie,” het mnr. Andries van der Merwe as aanbieder van Aurecon gesę.

Kapasiteitsbou op Arandis sal wel ondersteun word en diensverskaffers op die dorp sal gebruik word. Die Arandis-gemeenskap moet ingelig word oor die inkrimping van die myn wanneer dit gaan intree, volgens die verslag.

Die studiestuk handel oor uitbreidings by die myn om dit tot 2023 winsgewend te laat bestaan. In die proses gaan van loogtenks na looghope oorgeskakel word om hoër vlakke van uraanproduksie te bereik. Met die oog op mynuitbreiding word boorwerk in die lisensiegebied van Rössing gedoen.

Dit gaan die groef dieper en groter maak en sal groter mynhope en uitvalgebiede tot gevolg hę. Wanneer die uitbreidings produksiespitse bereik, sal die myn se arbeidsmag in die tydvak 2014 tot 2020 oor tot sowat 1 800 werkers beskik teenoor die huidige 1 457.

Vir die onmiddellike toekoms word tweehonderd meer mynwerkers verwag. Maar wanneer die strop teen 2030 getrek gaan word, sal dit eers tot net sowat tweehonderd werkers daal en tot minder as tweehonderd in 2032.

Toekomstige huiseienaars word in die verslag gewaarsku om hul blyplekke so in te rig dat dit geskik sal wees vir die dag wanneer die myn gaan sluit.