17.5.2012
 Argiewe:

Erongo


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

6.09.2010

‘Belê in ontsouting van water’

© Republikein
Mnr. Ben Amathila.
BEKOSTIGBARE tegnieke vir die ontsouting van seewater kan die Namib in ’n paradys omskep met ’n heenkome vir duisende mense, sê die voorsitter van die Parlementêre Vaste Komitee oor Ekonomiese Sake, Natuurlike Hulpbronne en Openbare Administrasie, mnr. Ben Amathila.

Volgens hom moet Namibië die uitdagings aanvaar wat klimaatsverandering gaan bied en dit tot voordeel aanwend. Mnr. Amathila het gister op Swakopmund die verwelkoming van afgevaardigdes na ’n slypskool waargeneem waar die kollig op die makro-ekonomiese vertoning van Namibië sal val, asook die rol wat parlementêre komitees daarin kan speel.

Die byeenkoms is op die ekonomiese groei van Namibië en die ontwikkeling van die land gerig.

“Ons woestyn is ’n kosbare stuk aarde,” het hy gesê.

“Water is al wat nodig is. Die Atlantiese Oseaan is naby en die tegnologie vir ontsouting is beskikbaar. Laat ons in ontsoutingsprojekte belê. Met bekostigbare water kan ons duisende werklose mense hier hervestig. Ons kan hulle help om gesonde en produktiewe lewens te ontwikkel.”

Volgens mnr. Amathila verander die reënvalpatroon en word dit onvoorspelbaar. Die klimaatsverandering kan riviere laat opdroog, maar die see gaan vir nog miljoene jare voortbestaan.

“Kom ons belê in die see as waterbron. Dit is waar ons lewensgehalte en oorlewing gewaarborg word.”