Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

27.08.2010

Wintertyd, somertyd, alles sommer deurmekruis

© Republikein
Des Erasmus
ELKE jaar dié tyd kom krink die winter. Dis soos die eind- en beginpunt van Woensdag se Dick Kings met die ruiters en hul perde op die nimmereindigende woestynskof by Walvisbaai. Of soos dié van die baaisiekelryers en die langasems wat ’n bevlieging gekry het om om die Spitzkoppe te saag of te draf.

Opdat die duwweltjies en die dorings hulle nie gaan steek of hul ysterperde punkture gaan laat kry nie. Die laaste dae van Augustus en die eerste dae van September is in die annertyd. Dis soos nuwe lewe wat verwag word.

Dis soos die einde van die oestyd in Italië of die laaste skêrlem in die Boland wat ’n wegsteektros laat kantel het. Dit is mos waar die manne dié tyd van die gehalte van die “druif” praat. Lankal is die winter nie vir die ganse Namibië vergange nie.

Selfs in die binneland kan die ryp nog onder die voete kraak en ’n yspunt van ’n druppende buitekraan gebreek word. Walvisbaaiers, Swakopmunders en Hentiesbaaiers weet hulle moet nog op die winter wag om te groet.

Daarvoor was dit niks meer as “shine” toe op die kusdorpe ook die vyeboom gebot het soos dié tyd in die Kaapse Middellande nie. Net stuitigheid van die vye toe hulle hulle deur die snoesigheid van die oosweer laat mislei het.

Die winter is nog nie verby nie. Mina van Mondesa sê die koue kan nog aanhou tot in November. Maar darem. Dis of Namibië se dagmakers van die seisoensverandering kennis geneem het, want op die eerste Sondag van September word die donker voordag nader gewink en die aandskemer dieper in die nag gedruk met die tydsverandering.

Dis nou wanneer die Namibiese horlosies se wysters so ’n uur vorentoe geskuif word. Dan hoef somme nie meer gemaak te word wanneer die betaalkanaal van die TV sy programme en uitsendings aankondig nie. In die outydse koerantwese was die einde van Augustus en begin van September ook die verjaarsdagseisoen van die koerantmanne.

Nie verniet dat baie van hulle nog soos winterbabas lyk nie. Doerie jare het die penneridders sommer saamgegooi en een groot fees gehou. Die een ’n bietjie te vroeg, ’n ander een ’n bietjie te laat, maar net een D-dag.

Oor die eerste lewenslig wat hulle teen die einde van Augustus en September beskore was, sê die nuusmanne dis die sterreteken van die Maagd waaronder hulle gebore moes word, hul werk en hul “pay” wat hulle laat lyk soos wat hulle lyk.

Wat ’n man laat wonder of die Premier nie ook op sy dag ’n koerantman was nie. Nahas se “Geburtstag” was mos ook nou die dag. Op vele gebiede is dit ook die boere se groot seisoen wat aangebreek het. In die aanstaande weke (maande) gaan ’n klomp landbouskoue landwyd gehou word.

Ek wens ek was daar. Dis ook ’n seisoen van optes en aftes. Vir leerders lê die groot swoeg voor, want die skof na die eindeksamens het aangebreek.

In baie huise gaan die liggies nog laatnag brand met die meneertjies en juffertjies met hul neusies in die boeke. Net nou die dag vertel een graad 12’ie my wanneer haar laaste eksamen en gevolglik ook skooldag gaan aanbreek. Sterkte en voorspoed! Vir die handel lê die groot koopseisoen voor.

Die afte is Krismis toe. Dis nog net ’n bietjie meer as ’n honderd dae. Daarop word nou al voorberei met vakansieplanne waarvan die lyne stadig uitslaan. Op sportgebied neem die vistermanne stadigaan afskeid van galjoentyd en word op die grotes gewag.

Lank gelede was dit ook ’n skeidingstyd tussen winter-en somersport. Maar deesdae loop die goed sommer deurmekaar. ’n Rugbyspeler wat vir sy spelery ’n lus opwek, trek net na die winter van die Noordelike Halfrond. En vir my? Wanneer gaan die groot winter dan ook verby?