Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

Welkom hier te lande – en geniet die reis

© Republikein
Francoise Steynberg
DIT was weer ek en die mense op die bus. Met my busrit op pad Weskus toe het ek langs ’n jong Kanadese man gesit. Hy kon nie ophou knibbel aan sy Amerikaanse aartappelskyfies nie. Hy het glo vrywilligerswerk in Katutura gedoen en is versot op Namibië en ons mense.

Glo ook versot op reis, maar hy sit die hele rit met n wiskundeboek op sy skoot en doen somme. Ek is jaloers op hom omdat hy kan somme doen en ek nie, maar ek wonder watter tipe reisiger hy is as hy nie eens by die venster uitkyk nie. Hy ervaar nie die wonder van Namakwaland se natuurskoon of die geel kanolablomlanderye in die Swartland nie.

Hy laat my dink aan die klomp Taiwannese wat ek as van die swakste reisigers ter wêreld beskou. Hulle kan nie op hul eie reis nie en koek altyd saam in ’n groot groep en reis gewoonlik per luukse bus. Hulle slaap die hele tyd, of dit nou op ’n bus, ’n trein, ’n veerboot of ’n vliegtuig is.

Ek het een oggend vroeg op pad na die asemrowende ooskus van Taiwan die gordyne in my treinkompartement oopgeruk en hulle wakker gemaak: “Opstaan, opstaan! Kyk hoe mooi is dit buite! Kyk die see, kyk die berge, kyk die watervalle!”

Hulle het my onvriendelik aangegluur en die komberse weer oor hul koppe getrek. ’n Vriendin was Amerika en Ierland toe. Sy vertel sy het heerlik gerus, boek gelees, geslaap en nie haar voet by die deur uitgesit nie. Neus in die boek terwyl jy die vreemde kan ontdek! Gmf, jy kan by die huis lees en slaap. Met die busrit op pad terug van die Weskus af het ek langs ’n Ierse rooikop meisie gesit.

Ek moes fyn luister na haar Ierse aksent. Sy het heeltyd foto’s deur die busvenster geneem. Ek beskou haar as ’n ware reisiger. Sy was op pad Keetmanshoop toe.

“Wat gaan jy op Keetmanshoop maak?” vra ek.

Sy gaan vir eers tot daar en dan gaan sy besluit hoe die wind haar verder tot haar volgende bestemming gaan waai.

Ek sê sy moet ’n doppie gaan drink by oom Ingo van Schützenhaus se kroeg en die kokerboomwoud besoek. Ek stel Aus en Lüderitz as haar volgende reisbestemmings voor. Ek vertel van die pragtige berge wat deurentyd van kleur verander, die wilde perde, Kolmanskop, die heerlike vars oesters en kreef op Lüderitz.

Sy ruk ’n padkaart uit en omkring al die plekke wat ek haar aanbeveel. Sy skryf telefoonnommers neer en by die grenspos gee ek vir haar strooibiljette van interessante plekke en aktwiteite in die suide. Sy raak al hoe meer opgewonde oor haar onbeplande reis. Wie is die perfekte toeris?

Die een wat baie foto’s neem? Die een wat soeweniers koop? Die een wat die plaaslike disse probeer? Die een wat saam met die landsburgers kuier? Die een wat waaghalsige aksiebelaaide aktiwiteite doen?

Selfs Koos du Plessis wonder in sy liedjie, Swerwer, wie die ware swerwer is: “Jy wat jou op die wysheid roem wie sou jy die swerwer noem: die een wat sonder afskeid ry of sy wat eensaam agterbly? of wie?

“Wie sou die ware swerwer wees die een wat reis, die een wat lees die enk’ling op sy slentergang of elkeen wat na iets verlang of wie? ”Wie sou die ware swerwer wees: die een te voet, die een in gees die een wat deur die ver land stryk of hy wat deur die rookmis kyk? of wie?

“Jy wat jou op die wysheid roem wie sou jy die swerwer noem: die een met tas en reisbiljet of elkeen wat nog drome het? of wie?” Wie is ek om reisigers te veroordeel? Of jy nou ’n neus in die boek Kanadees of ’n onvoorbereide Ier is, welkom in ons pragtige land. Geniet die reis.