17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2010

Wat gaan bly, want ek kan nie alles laat ry?


Estelle de Bruyn
DIS nie maklik nie. Ná tien jaar in my huisie is dit tyd om te groet, my aardse besittings te pak en elders te gaan tent opslaan. Die grootste rede vir die “nie maklik” nie, is dat ek ’n opgaarder van formaat is en dan nog boonop sentimenteel ook. Ek stap radeloos en kopskuddend deur die vertrekke en weet nie waar om te begin met die oppakkery nie.

Die nuwe plekkie is aansienlik kleiner en al my meubels gaan nie pas nie. Ek sal selektief van goed ontslae moet begin raak, maar van wat? Wilma se raad is om die kaste met die goed wat ek die minste gebruik, eerste aan te pak. Wees koud en klinies en onemosioneel. Hou net die goed uit wat jy tot die laaste gaan gebruik en nodig hê. Pak die res in bokse, merk dit duidelik vir watter kas en kamer dit in die nuwe huis bestem is.

Elsada vertel sy pak dié goed wat sy nie kan besluit of sy dit dalk weer gaan nodig kry, maar nie eintlik oor haar hart kan kry om van ontslae te raak nie, in ongemerkte bokse en stoor dit vir ’n jaar in die garage. As sy in ’n jaar se tyd niks gesoek of gemis het wat in die bokse is nie, gee sy die bokse onoopgemaak weg. Ek het in sussie se kamer begin met my poging om te pak.

Hier en daar iets ingepak maar sonder veel sigbare resultate. In die hangkas hang die geruite St. Paul’s skoolrompie en die wit hempies nog. Ek kry dit nog nie oor my hart om hulle in te pak nie. Op haar lessenaar staan ’n onoopgemaakte blikkie Coke. Ek kry dit ook nie reg om dit in die yskas te sit of te drink nie. Dis haar goedjies wat my nog herinner aan haar nabyheid.

Die lêers met klasnotas, die vraestelle waardeur sy gewerk het ter voorbereiding vir die eksamen, dit alles staan nog net so. As die verlange my vang, gaan sit ek sommer net in haar kamer by haar lessenaar en staar in die niet in. Oral in die huis waar ek vat en los en nie aan die pak kom nie, loop ek my vas in herinneringe. Die eetkamertafel en Bali-bankie is persente van Elsabé.

Die buffet het ek donkiejare terug in Katutura vir N$40 gekoop. Die wakis waarop die TV staan, was my ouma s’n. Die twee leunstoele in die sitkamer het ek by ’n pandjieswinkel in Pretoria vir ’n appel en ’n ei gekoop en later met leer laat oortrek. In die kas met my breekgoed staan twee koppies en pierings met Afrika-motiewe wat uit my eerste woonstel in Johannesburg se dae dateer. Lelik verby, maar deel van my bagasie.

Die koffietafel in die sitkamer het ek gekoop toe ek 100 jaar terug my eerste huis in Windhoek gekoop het. Die winkel waar ek hom gekoop het, bestaan nie eens meer nie. Dit was in die Eros-inkoopsentrum op die perseel waar die videowinkel vandag is. Kan ook nie die winkel se naam onthou nie.

Aan die onderkant van die tafelblad is helder vetkryt tekeninge wat my kinders kleintyd daar geteken het. In die kombuiskas staan net ses van my oorspronklike 12 stuk Royal Albert-teestel.

Een van die vorige huishulpe het die res vir haar toegeëien as deel van regstellende aksie. Ek het nog die 12 kleinbordjies. Stukkie vir stukkie moet my pakkasie oorweeg word vir saamtrek of verkoop of weggee of weggooi. Soos ek sê, dis nie maklik nie.