|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 9 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
4.03.2010 Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg
OM ’n joernalis te wees is om gek te wees. Dit is die dure les wat Boetman in byna 20 jaar se kringe om die bos gehardloop het. As boodskapper van die goeie en slegte tyding het hierdie skrywer oor vulpenne en balpuntpenne gerol om tot in die moderne eeu van rekenaarjoeralistiek te vorder. Sy eerste kennismaking as afleweringsjoggie was in 1990 met ’n rol nat papier van die Times of Namibia. Dit was maar die eerste trappie in sy loopbaan waar groot geeste soos Hannes Smith, Des Erasmus, Chris Coetzee, Kettie Cloete, Ferdinand Tjombe en Carol Kotze sy paadjie as junior werker gekruis het.
Lesers moet tog nou maar verskoon as Boerrie soos Kettie hom gedoop het, versuim het met ’n paar groot name, maar almal lê ook darem wragties nie in dieselfde soppotjie nie. As die eerste haan om 04:00 gekraai het, was hierdie toekomstige verslaggewer al besig om die henne se vere uit te pluk wanneer hy met sy Toyota “panel van” die eerste rondes begin maak het om toe te sien dat werkers betyds by hul skofte aanmeld. Met sy halwe toe oë en ’n groot, oop bek het hy die werkers in Katutura wakker gemaak om by die linies van die verspreidingsafdeling in te val. En Boeta het die nuus wydversprei! As die takie afgehandel was, was dit tyd vir die “insert”. Daarby bedoel Boetman die “insert” waar jy Pick ’n Pay, Game of Shoprite se “specials” in die koerante help insit. En mense, kon Boetie “insert”. Daar was ’n paar dae dat die vroue hul hande oor Boetie se spoed saamgeslaan het. En net daarna moes Boetie soos ’n vurige flank om die losgemaal wegbars om sy ander dagtakie te verrig. Dit was nou om koerante by uitsoek-kliënte te besorg sonder om die bakkie se wiele af te ry. Dit was ’n geval van ’n spoedvraat deur ’n Windhoek sonder spoedwalle. En as jy gedink het dit klink na ’n besige oggend, het die dag nog lank nie begin nie. Die son is nog skaars uit en die besige besie is al klaar weer op pad na ’n nuwe besending. Dan moes hierdie heuningby vroegoggend aan Baas Ferdinand en Miesies Dawn verduidelik hoe die res van hierde dag se gemors gaan verloop. ’n Man moet darem nog eet ook terwyl al hierdie sports aan die gang is en die base is hongerder as jy. Hoe lyk dit met slaptjips by Johnny die Portugees op die hoek? Die base se sondebelasting was ook ’n teer puntjie. Boerrie moes sommer met twee dollar die strate vat om by Johnny te gaan uithang vir ’n skyf! En as jy dink dit was briekslag het daar nog ’n uitstappie gewag. Dis nou daai ene waar jy die bank se katoensakkie toeknoop en met stywe vingers en ’n groot bewerasie die dag se ou inkomstetjie gaan bank. Sente, sente, rente, rente! En deesdae sien Boerrie ’n advertensie waar daai ou Egoli-sterretjie kastig sy Klipdrift met ys aanbied. Ou Boeta, jy het nie ’n idee van ys nie, IESH! Nog voor jy gebore was, moes ons in die middernagtelike ure vir ou langbaard, ou grysbaard en ou sonder baard die rondes doen en die Klippies gaan soek het by die Kapenaar. Geklippies sonder Coke? Dit was ’n ronde sokkerbal wat die keerpunt in Boerrie se lewe gebring het. Hy het hierdie bal so groot geag soos die ronde aardbol en aan homself ’n belofte afgelê dat hy groter hoogtes gaan bereik. Die bekoring van ’n plek in die destydse ou Suidwesspan het ’n droom gebly totdat Boetman besluit het om die toetsebord te gryp. Tik, tik, tik jou oor 20 jaar dik. En nou dat die horlosie oor al hierdie lewensgebeure aantik, kan Boetman net wonder of hy nie ook maar moet oorslaan na Tik nie! |