17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2012

Twintig K-woorde wat jy vanaf vandag nooit weer mag sê nie

© Republikein
Dani Booysen
NOOIT ’n goeie idee om jou kop tussen krokodil se kake in te druk nie. Maar ’n mens mag maar die kronkelstert so ’n bietjie kielie? Met al wat ou woord en nuwer naam deesdae polities en andersins in-Korrek, slaan ou Dapperrerige Daniëltjie ’n kierangbraaitjie saam oor die woordvuur van ander k-nommers wat ons dalk moet verban.

Kambashu:
Niémand bly mos in sinkkaias nie. Nee, al is dit al wat ons “saam bou”. Nêrens is daar genoeg erwe of huise nie, en saam met die riool en sanitasie kom daar verskeie ander k...askenades.

Kanselier:
Taboe, tot sy self in die Bundestag en hier kom apologie aanteken en reparasies goedkeur?

Kla:
Dit doen Namibiërs of hul betaal word. En soms word hulle inderdaad vergoed! Kul jou hier, kul jou daar...

Kamboroto:
Dit sal mos nie ’n skelmpie wees as jy ’n woord daarvoor het nie.

Kamertemperatuur:
As Daantjie weer by ’n kroeg, restaurant of winkel met ’n groot naam instap en die bier is lou, gaan hy uit sy kopnate klim.

Koalisie:
Ons opposisiepartye dans knaend elkeen op sy eie dieselfde ou reaksionêre kotiljons – wat nooit die regerende party se lede wat so in die parlement en elders sit en slaap uit hul komas sal ruk nie.

Kilometer per uur (k/h):
Sien Desember en Januarie se hoogste tol op Namibiese paaie in vyf jaar.

Koning en kaptein
(ook in vroulike vorm): Omdat elke stam deesdae minstens twee moet hê.

Kilowatt:
Die min krag word net nog duurder, en kragteloos sit die baie wat aan roofkabel, kersvlam en vuur uitgelewer is.

Comrade:
Toeka holrug van die bloots ry. En soms het die kameraad, kaper of staker boonop ’n klandestiene agenda.

Kliëntediens:
Soms puik, maar nog te dikwels vrek sleg?

“Cross dressers”:
Sjjj. Moet niks oor seksuele vryheid rep nie, want daai kopstukke van die politici gaan die laaste maande se woordstortings na grappies laat lyk.

Kindermoord:
Ook misdaad teen vrouens en bejaardes het al kultuur geraak.

Konstruksie:
O, Koreaan, Chinees en Italjaan. Laat maar jou eie gedagtes gaan.

Kernkrag:
Moet ons of moet ons nou nie? Beslis nie, dink Dapper. Onthou om jou stem uit te bring.

Korrupsie:
Loop helder oordag van konstabel tot in Kabinet en (anti)kor(rupsie)hane is grondvoëls wat maar moeisaam kraai.

Kontantvloei:
Daarmee sukkel almal maar. Veral die tyd van die jaar. Maak nie saak of jy groot monumente het of nie. Vetpense behoort die kalorieë dop te hou – en ons praat nie van kapana en vetkoek nie.

Kwalifikasies:
Vir elkeen met ’n goeie een sit daar ’n onbekende getal met die verkeerde sertifikaat?

Kongres:
“Los tot ons daar kom,” smeek Swapo. Juis hoekom ons weer dieselfde krisis as laaskeer gaan sien?

Koedoestandbeeld:
Nee, skrap hom maar vir eers van hierdie lys. Nog gangbaar, minus dalk die vroutjies wat gedwonge op dié verbeelde en ander werklike straathoeke staan. Moet egter nou net nie ’n jokkie op antiloop se rug dwing nie. Nog hope ander inskrywings is daar onder die letter in elke HAT. Baie is hier weens ruimte en ander doelbewus weggelaat. In alle geval het elke outjie en vroutjie hul eie lys?

Van A en B regdeur tot by W en Z. Woorde skrap gaan bokkerol help as ons nie die kloof tussen “ons” en “ander” begin oorsteek nie. En naamlose verontmensliking nog minder. Tyd dus om die knopkieries lappesaait te skuif. En vir elkeen om fyner te dink voor ons praat. Om die self altyd in die baie ander pare skoene in die land te plaas. Want, holrug idioom of te not – met die hoed in die hand kom ’n mens deur die hele land!