Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Sonder water sal geen mens kan bestaan nie


Ellanie Smit
DIT is bitter koud buite en die ryp lê wit voor my venster toe ek een wintersoggend wakker skrik. Glad nie lekker om onder die warm komberse met die “regte” voet uit die bed te klim nie. Kan daar nie ’n wet wees wat verhoed dat vroue die winter moet trotseer en ook hul koue broodjie moet gaan verdien nie?

Toe ek die lig wil aanskakel, besef ek dat Nampower reeds voor die land die koue uitgevlug het en dat ek sonder krag sal moet klaarkom.

Wat ’n geskarrel om in die donker eers na ’n klein flitsie te soek wat heel onder in my kas weggepak is. Soos die noodlot dit wil hê, is die batterye van die flits heeltemal pap.

Plan B is om met die selfoon se lig deur die donker te struikel op soek na ’n kers.

Met die “vuurvliegie” in my hand is ek op pad na die kombuis waar daar iewers ’n wit kersie tussen die borde en koppies weggepak moet wees.

Na ’n soektog word ’n krom gebuigde kersie in die kombuiskas gevind en ’n dun ligstraaltjie word deur die donker vertrek gegooi. Dit help darem so bietjie teen die ergste donkerte.

Nooit was ek so lus vir ’n koppie warm koffie soos daardie oggend en ’n poging om die poeier in die koue water op te los, sal ek eerder nooit weer waag nie.

Die eerste sluk het my reeds laat besef dat mense wat kla oor die smaak van kasterolie definitief nog nie daai brousel geproe het nie.

Natuurlik is die stort se water, wat verondertel is om lekker warm te wees, toe ook reeds yskoud as gevolg van die kragonderbreking. Ek is seker ek het nuwe danspassies ontdek toe ek die koue water van die stort aandurf en soos ’n wafferse “break dancer” heen en weer spring om die koue druppels te probeer vermy.

Die stryd wat ek daarna met my haredos aangeknoop het om dit met ’n handhoek droog te vryf, moes ek later oorgegee en maar die boskaas onder ’n hoed inprop.

Wonder soms of borselkop nie ’n beter opsie is as mens so met hare moet sukkel nie.

Die maag is maar leeg en die lyf vra ’n bietjie boeretroos toe ek uitendelik in my kar spring en bibberend na die werk jaag, hoop daar is krag en warmte vir die dag.

Skaars twee weke later word my humeur weer ordentlik beproef. Met die opstaan is daar lig, maar toe ek die kraan oopdraai, roggel en koggel dit net vir my. Hierdie slag het ek wel krag, maar nou het NamWater weer die pad gevat!

Hulle sê mos dat ’n boer ’n plan kan maak en dat ’n vrou gewoonlik al klaar drie planne gereed het. Dus dam ek die yskas by soos ’n Moses van ouds op soek na waterbottels wat ek kan gebruik. Ten minste kan ek darem gesig was en tande borsel.

Wat maak jy egter met nog twee planne as daar geen water is om meer te stort nie? Die bottels yskaswater sal definitief nie verder help nie. Genoeg is genoeg en nou is dit dan net vinnig tande borsel en gesig was met die laaste yskaswater. ’n Bietjie parfuum en roompies moet dan maar keer vir die droogte in die stort.

Op pad werk toe debatteer ek lankal nie meer wat die belangrikste vir ons mens se gemaklike voortbestaan op die aarde is nie. As jy gedink het elektrisiteit is bo aan my lys van belangrike dinge in die lewe maak jy n groot fout. Ek kan darem oorleef met af en toe se koue koffie en stort, maar vuil, dors en sonder water is niemand se speelmaat nie.