Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

5.03.2010

Op ’n baaisiekel in ’n terugtog na beter dae

© Republikein
Des Erasmus
OP Omaruru wyk die wag voor my taalmond op ’n Sondagoggend en praat ek van ’n baaisiekel. Net vir ’n oomblik kom wonder op of die allernuutste woordelys nie die naam vir die kontrepsie erken nie. Nee, onder die puriteine bly dit ’n trapfiets. Dis nou die ouens wat “cool, hip-hop, township, punk, song, band” sommer oornag Afrikaans gemaak het. Trapfiets is vir my raak soos branderponie, bromponie en kruiptrekker, maar baaisiekel is vir my asof die spoorpatrone op die wande van my siel afgedruk is omdat dit deel van seunsen jonkmansjare was.

Daar waar troetelkind Kaelen by die wegspringplek kom aanmeld het, was die kleinding in fietsdrag uitgevat asof dit ’n Olimpiade is. Veral die handskoentjies het opgeval. Die vingers en duime was as vatgoed vry om die stange te stuur en die hefbome te trek. Hempie, broekie en skoene. Te pragtig.

En ek sê vir Paschke aan my sy elke seun behoort sy eie baaisiekel te ry. Juis trapfietse is ’n vergange geslag wat nou weer in glorie verrys. Juis nou die dag val die leesbril op ’n artikel dat fietsry nou die sportsoort is wat die vinnigste in Suider-Afrika groei. Mooi!

Een van die grootste lofliedere vir die baaisiekel het juis doer in die Okombahegeweste as stilhouplek tussen Uis en Omaruru van ’n man van die Nederlande in my rigting gekom. Onder die yl takke van ’n boompie wat selwers daar in die somerhitte om ’n bestaan worstel, het die Kaas oor hom en sy trapfiets vertel. Elke keer het hy sy “song” oor sy fiets onderbreek met ’n lang teug van die oewers van die Omaruru se bottelwater. Hy het dit daar in die eenvertrek-winkeltjie gekoop wat trots die naam van Super Mark dra.

Die Hollander vertel toe hy toer op sy trapfiets deur die land. Maar hy volg nie die gebane weë nie.

Hy gesels met die “locals” en kies die afdraaipaadjies na die mooiste wegsteekplekkies waar nie eens die ouens met hul 4x4’s kan kom nie. ’n Basiese padkaart het hy wel in sy rugsak, maar hy trek sy eie strepe reguit omdat die veld se sterre snags vir hom vertel waar noord en suid lê. H

y beweeg bra stadig deur die land, hou stil waar hy wil en nie wil nie en sien alles. Sy geriewesfeer is sy rugsak met die oornagtentjie, sy tweede stel ligte klere en sy bietjie voorraad wat hy selfs op ’n plek soos Okombahe kan aanvul.

Uit die kajuit van ’n beproefde bakkie antwoord ek dat ek ’n trapfiets van baie jare gelede ken. In vervoering sluit ek al pratend die stofbedekte oë. Elke seun behoort ’n fiets te hê. Ken ’n baaik van die plaasskooldae. Die reekse was toe ’n 24 vir die kleintjies, ’n 26 vir die middelslag en ’n 28 vir die hoërskooldae. In die algemeen het ons Hercules en BSA gery, maar in die later jare het Raleigh bygekom. Die keuses was tussen dun- of dikwiel en eers later het die wedrenfietse met hul valhorings bygekom. Op die standaard-modelle het ons al plat oor die stange gelê om te oefen vir die gloriejare wat gaan kom wanneer dit ’n “racer” gaan word.

Die destydse fietse het ook al hul bykomstighede gehad. ’n Statussimbool was ’n stewige koplig met ’n dinamo teen die wand van die agterband as sy kragbron.

Sing die opwekkertjie teen die band se wang namate vaart opgewek word, skyn die koplig helder in die haas se pad waarop die vlaktes oorgesteek word. Nog ’n bykomstigheid was ’n saalsakkie.

Dis waar die houertjie met die lappies en die gom vir die papwieldae was. Twee vervalle lepels wat in ’n plaaskombuis in onbruik verval het, was die ligters van die buitebande om by die lekplekkies in die binneband te kom. Sterk, jong arms het die pomp gedryf wat sy eie koppelplek aan die raam gehad het. En daar was basiese “spanners” vir ’n dag van teëspoed. Daarmee kon die kokke (dis nou die ratte), gebreekte speke en ’n skakel van ’n gebreekte ketting reggemaak word. Rygenot het handvaardigheid by die jongeling ingeprent.

In die studiejare was dit die ryding met die kode van jou klokkie wat soos die van ’n hedendaagse selfoon die kodesein was dat jou Lientjie maar die deur kan oopmaak. Dit is jy.

Die posman was ’n seunsheld. Hy het ’n wit helm gedra en ’n blink fiets gery. In sy sak het die besteller die briewe van die huis kom aflewer. Soms ’n briefie van haar. En hy het die nuutste deuntjies gefluit wat oor die kortgolf gekom het. Dit het as bewys gedien dat hy ook oor sy eie radio beskik.

Al pratend in die bietjie skaduwee van die effense boompie word ’n slag gekyk na die Europeër as die enigste luisteraar.

Hy is lankal weg. Maar die ou stories het ook aan my vertel hoe dit eens was voordat al die nuwighede gekom het. In gedagtes volg ek hom onder die melkweg deur.

Dalk beter dae, nè?