Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

4.02.2010

Om te stap of nie te stap, dit is die vraag


Boet Matthews
TOE begin Boet mos stap. Oor berge en in dale… Letterlik, want met die ywerige nuwejaarsvoornemens sien Boetman toe mos ‘n helder lig doer voor in die staptonnel skyn.

Die woordeboek sê stap is ‘n woord met baie betekenisse. Jy kan stap vir stap die paadjie volg, of jy kan die verkeerde stap doen en al stappende in ‘n slag(stap?)gat trap! Op ‘n meer ernstige noot – Boetman het regtig weer die gewoonte aangeleer om saans die sonsondergang doer op Rooiboth met ‘n “outing” in die “outback” te vier.

Nie oor lus vir kangaroevleis nie, maar oor die huppel van die buideldier se manier van stap. Ja, al stappend tot dit “lights out” is. En die ou kersie se lont stap nou se dae sommer taamlik vinnig aan bluspunt toe na al die jare sonder ‘n stuitige stapmaatjie! Maar dinge het genadiglik verander, en Boetie se lewensmaat is nou ook sy stapkameraad van die lewe.

Boet wil nou nie oor iets heen stap nie, maar hy wil sommer met die instap ‘n stap waag en sê die stappery is ’n verrykende staptoer deur die lewe. En as hy nog ‘n stap vorentoe wil gee, moet hy stapsgewys ontleed hoe hierdie stappery sy lewe sommer met reusestappe bevorder het. Die woordeboek sê ook stap is ‘n wandeling.

Dis loop, of te voet gaan. Nou ja, dan laat loop ons maar op hierdie stappad! Nou moet ek ‘n stap verder gaan en ruiterlik op ‘n drafstap erken daar is baie meer aan stap as net ’n wandeling of om te voet te gaan. Vriend Gerrit sou gesê het: “Dis nie sommer net vir stap nie…”

As ‘n ou nou ‘n poging wil aanwend om die lewe aan die sufgestapte kant kort duskant die afdraai na vyftig wil verbeter, moet jy eers weer leer om voete uit te pak. So stappenderwys ontdek Boetman toe met dapper en stapper hoe ‘n man nou eintlik moet trap (stap?) om die staptog deur die spoelvallei van die lewe so ietwat minder (s)tappend te maak. Ja, een van die eerste lesse is dat agteros ook al lopend in die kraal kom.

Die truuk is wat jy sien en leer as jy so st(r)apsuutjies jou staptog deur die lewe baan! Toe stap Boetie nog verder. Tot daar waar die een stap in die lewe oorgaan in die volgende stap. En dis sommer ‘n moerse stap om te trap. Tyd vir die lang stap eindstreep toe! Innie staptog besef Boetie die tyd stap ook aan, en ons stap elke dag oor die brandst(ap)el van die lewe in die groot staptog.

Stap aan, stap aan! Maar hierdie is nog lank nie die laaste stap nie. Daar volg nog baie stappe voordat jy kan leer om regop te stap. Het ons dan nie uit evolusie geleer hoe om penorent te stap nie? Nou stap ons al weer ‘n nuwe dekade binne en ek kan net hoop ons het ons stapskoene saamgebring.

Want wees verseker, stap gaan ons stap! Dis in die skadu van ‘n tamaai ou kameeldoringboom dat Boeta een middag asem skep en koelte soek toe die grysaard asof uit die niet verskyn. Nog ‘n stapper, stel hy homself bekend.

“Dis goed dat jy stap,” seg hy. “Maar jy moet nie sommer net stap nie. Jy moet weet elke staptog is ‘n lewenspaadjie. Hulle lei wel êrens heen, al besef ons dit nie dadelik nie.” En toe nog wysheid uit die mond vol valstande: “Maak seker jy kies die staproetes wat ‘n hart het. Daai is die paadjies wat die moeite werd is om te volg. Los al die ander sonder harte.”

Wil nog bietjie duidelikheid oor die stelling ky, maar toe is die gryse, wyse al weer aan’t stap. Kom ons wees nou eerlik, daar is darem niks soos stap nie. Dis hoekom Boetman al vroeg sy gilwit krismisboks New Balancestapskoene (danksy die gulhartigheid van ‘n ander klomp ou dapper stappers) vir 2010 aangetrek het.

Nogal gepas né, die nuwe balans besigheid? “These boots were made for walking!” Om te stap of nie te stap nie. Dis die vraag. En die antwoord is – hierdie jaar gaan ons stap. Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar. Al lê die berge nog so blou…