Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

31.08.2010

Nie die ouderdom, maar dalk ’n karaktertrek?


Ellanie Smit
VAN kleins af reeds het ek ondervind dat ek baie vergeetagtig kon wees en selfs die kleinste dingetjies maklik agtergelaat kon bly, indien ek nie ’n paar maal weer daaroor gevra of daaraan herinner is nie. Deur die jare het ek geleer om lysies te maak sodat ek nie iets vergeet nie en afsprake altyd neer te skryf om seker te maak dit ontglip my nie.

Tot onlangs het die stelsel heel goed gewerk totdat my vergeetagtigheid die afgelope week my meer as net ’n paar vrae uit die sak gejaag het. Keer op keer het ek al gehoor dat as jy op reis gaan, jy nie bekommerd hoef te wees as jy iets vergeet nie aangesien jy dit wat agtergebly, weer kan koop.

Dit is egter makliker gesê as gedaan. Verlede week pak ons vroegoggend die pad na die Suide aan en toe ons bemarker, Riaan, ’n bietjie later as afgepreek voor my woonstel stilhou, hol ek om al my bagasie bymekaar te maak en nie ’n minuut verder te vespil nie.

Dis kameras, ’n skootrekenaar, toksak, ’n pakkie wat afgelewer moet word en dan nog ’n handsak waarmee ek uiteindelik by die woonstel uitstap en die pakaas in die motor se kattebak gooi. Uiteindelik is ons op pad en die gemoedere is hoog al smag ons almal na ’n koppie koffie om ons wakker te maak.

Na ’n harde dag se werk agter die rug bereik ons uiteindelik die gastehuis op Mariental en laai die bagasie uit. Dit word gekies en gekeur watter bagasie afgelaai kan word en dit is toe ek Riaan nog so ewe in kennis stel dat hy maar die swart tassie ook kan aflaai, toe ’n verbaasde “watter swart tassie” al antwoord is wat ek kry.

Die hele kattebak en motor word deursoek vir die swart tassie, maar reeds het ek die ergste begin vermoed. Ek sien al hoe staan swart tassie daar in die middel van die straat terwyl een of ander misdadiger dit gryp en met dit in die straat afhardloop of nog erger, dit staan voor die woonstel se deur en die honde verskeur alles in die tassie.

Die meer waarskynlike opsie is egter dat swart tassie en al nog net so staan soos waar ek dit die oggend in my woonstel gelos het, vergete en verlate. Ek staan en staar na my toksak wat basies net my klere bevat terwyl die swart tassie al die nodige toiletware sowel as ander belangrike items bevat het.

So wat nou gemaak? Tandeborsel, tandepaste, sjampoe, gesigroom, sproeiwater is onder meer in die tassie mooi netjies gepak in my woonstel. Ons jaag toe maar na die naaste winkel en ek koop toe ’n paar noodsaaklikhede.

Meer as N$200 later stap ek by die winkel uit met ’n klein sakkie onder die arm, maar tevrede dat ek die volgende paar dae sal oorleef. Skaars terug by die gastehuis besef ek dat die skoonmaakmiddel vir my kontaklense en ook vir my bril in die tassie gepak was.

Weer jaag ons terug na die winkel, bereik dit net voor sluitingstyd en ek kry darem een van die twee boksies skoonmaakmiddels wat nog op die rakke was. Daai aand pak ek my klere vir die volgende dag uit net om die ontdekking te maak dat my haardroër ook in die tassie was.

Stadig maar seker dring dit tot my deur wat ek alles in die tassie gepak het en dat alles nie so maklik vervang gaan word nie. Ook my selfoon en kamera se laaier is daarin gepak wat veroorsaak het dat ek albei die week so min as moontlik moes gebruik om te verseker dat dit tot die einde van die week sal hou.

Aangesien my selfoon ook wekker in die oggende moes speel, is nie een onnodige sms of oproep daarop gemaak nie en ek moet krediet aan die vervaardiger gee dat my battery nie een maal ingegee het nie.

Die week het my egter net weer laat besef hoe afhanklik ons van die luukse in die lewe geword het. Intussen het ek my les geleer en van nou af pak ek net een tas, want vergeetagtigheid het my die keer duur te staan gekom.