17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

’n Trekkery is op sy beste traumaties – en skadelik


Ellanie Smit
ONAANGENAME woonstelmaats, verhuurders wat jou probeer inloop en woonstelle met kamers wat skaars groot genoeg is vir ‘n bed om in te staan, het ek al alles deurgemaak totdat ek uitiendelik gelukkig genoeg was om my woonstelletjie te vind.

Die afgelope week sit en verlustig ek myself aan van my kollegas se trekstories en besef net weer eens hoe bly ek is dat ek nie in hul posisie is nie.

Niks is lekker aan trek nie. Maak nie saak hoe jy uitsien na ‘n nuwe blyplek nie, die oomblik wat ek dink aan die hele trekproses bly ek eerder net waar ek is.

Dit vat jou weke lank om deur al jou besittings te sif, jy ontdek goed wat jy jare gelede gedink het jy verloor het en besef dan dat die goed wat jy eintlik vir die nuwe blyplek nodig het, jy nog nooit gehad het nie.

Ure moet dan in die winkels deurgebring word om van nuuts af alles te koop en op die ou einde is jy platsak nog voordat jy oor die drumpel van die nuwe plek getrap het.

Goed wat eintlik nutteloos is, wil jy nie weggooi nie, want dit het sentimentele waarde terwyl daar natuurlik glad nie plek voor is nie en jy weet dit sal net weer onder in die kas soos voorheen gebêre word.

Dan is daar die hordes breekgoed wat mooitjies toegedraai en verpak moet word sodat niks tydens die trekkery moet breek nie. Dit maak nie saak hoe versigtig jy dit verpak nie, daar sal altyd tog ‘n glas of ‘n bord in die slag bly.

Dit maak ook nie saak hoe lank voor die tyd jy begin pak nie, jy is net nooit betyds klaar vir die groot trek nie, want tot op die laaste nipper is daar nog altyd goed wat jy moet gebruik en nie kan inpak nie.

Ek onthou nog my eerste groot trek toe ek op universiteit my koshuis vir ‘n woonstel verlaat het. Toe ek oorspronklik van Windhoek in die koshuis ingetrek het, was dit met ‘n paar goedjies wat ek van hier gebring het. Wie sou twee jaar later kon dink dat ek so baie bymekaar kon maak.

Reeds twee weke voor die trek het ek al begin pak en tot op die laaste het ek nog rondgehardloop om die laaste goedjies in bokse te gooi.

Ek wonder soms wat my ma sou sê as sy moes sien hoe ek sommer later uit pure moedeloosheid breekgoed saam met boeke, skoene of wat ook al in die boks ingepas het, bymekaar ingeprop het.

Dit was bokse net waar jy kyk en alles is op die ou einde, selfs my yskas, oor die kampusgronde in ‘n Golfie weggery.

Die uitpak was amper nog erger as die inpak en vir weke het ek uit bokse geleef met die nodigste wat op die kaste uitgestal was.

Twee jaar later was dit weer sulke tyd, maar die keer moes alles terug Windhoek toe. Die keer het ek egter nie die luuksheid gehad om alles wat ek wou, in te pak nie en moes ek maar uitsorteer wat die nodigste is om saam te neem.

Die pakkasie waarmee ek terug is Windhoek toe het erger as een van die taxibussies op pad Noorde toe gelyk, so erg was ons bakkie met bagasie gelaai.

My trekkery het ongelukkig nie daar gestop nie.

Ek sou nog twee maal daarna die bokse moes aanpak voordat ek uiteindelik rustig na ander mense se trekstories kon luister sonder enige kommer dat ‘n toekomstige trek vir my voorlê.