Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

19.08.2010

’n ‘Shortcut’ sonder tjekboek ‘Longdrop’ toe

© Republikein
Boet Matthews
Boetie DJESSS, hoezzzittt? Hier aan die deuskant gly die dinge so seepglad soos ’n koekie Sunlight-seep. Dis net skuimbolle en die soete reuk van Airoma se Essence of Floral. Ja djong, ek sit hier oppie longdrop en trek diep teuge aan my Dunhill, gewapen met die kannetjie Airoma.

Dis ok net die eintjie se rooi kooltjie wat lig verskaf in die donkerte van Donkerhoek, want onse krag is mos al weer af. Af soos in morsaf. So, dinge is seepgladderig, maar duister! Jare terug het ek mos ’n boek van djou oudkollega, Anoeschka von Meck gelees: Annerkant die Longdrop.

Dis toe dat ek besluit het om nie weg te doen met die kleinhuisie, die longdrop, die buitetoilet, of wat djy dit ok al wil noem nie. Ons het mos die huis so kompleet met die longdrop gekoop, en vroutjie het van dag een af geneul dat die onsmaaklikheid afgebreek moet word.

Ek het toe al saans met Annerkant die Longdrop ’n sit gaan kry op my eie longdrop waar ek diep kon dink en net so diep aan my Dunhill suig. Dit het gewoonte geword, want diep dink en diep suig is mos taboe by vrou-goete. Met al die gedinkery en gesuiery het die longdrop op sulke aande skoon ’n nuwe betekenis gekry.

Vir vroulief het ek gelieg: Ek teken planne hoe om die kleinhuisie te inkorporeer by my ‘scheme’ van ’n klein woonstel agter innie djaarts en so aan… Vroutjie was tevrede, want ek was al minder in die pad in die kombuis, en sy het nie meer so baie gehoor hoe por ek die Wee Pee aan as hulle die Blou Bulle gaffel nie.

Waaroor ek nie gelieg het nie, is die feit dat ek grootse oomblikke daar oppie longdrop beleef en moerse alledaagse probleme oplos. Gisteraand toe die Dunhill se kooltjie weer so lank soos my pinkie is, tob ek toe oor nog ’n dingetjie.

Ek kom tot die slotsom dat die dae van die tjekboek getel is. So uit soos Donkerhoek se ligte: finish en klaar. Ek behoort te weet, want dit was nag vir my die anner aand toe Miemsie mos haar kop in ’n ‘vicegrip’ kry toe sy met kat en al die staalhek met die ‘remote’ wou toemaak. Toe sy tot haar sinne kom, druk sy uiteindelik die groen ‘button’ en die hek gaat oop, maar die skade is gedoen.

Die kat is okei, maar Miemsie nie. Dis vanaf die longdrop reguit dokter toe met ’n shortcut. En om ’n long story short te maak; ons arriveer in die angsvolle oomblikke waarna vroutjie nou verwys as die ‘rit hel toe’, mos gewapen met net my tjekboek by die dokter. Die getroue boek druk gerusstellend in my gatsak, en ek weet hy sal ons vanaand weer tot redding kom.

Tussendeur verlang ek so bietjie na my longdrop en ’n Dunhill, want ek weet daar sou ek makliker ’n oplossing vir Miemsie se gekneusde kop (en gekraakte ego) gekry het. Maar selfs die longdrop en ’n Dunhill sou nie ’n antwoord gehad het vir wat aan’t kom was nie.

Dis nou toe die dokter seg hy vat nie aan ’n mens wat met ’n tjek wil betaal nie. Dis cash of kontant. Of ’n plastic kaartjie! Maakie sakie of djy doodbloei, stuiptrekkings kry of van djou kop af raakie… Die ‘sign’ daar buite sê: Ons aanvaar geen tjeks nie. Sloesh, klaar, finish. Soos die ’lectricity van Donkerhoek.

Nag! Om ’n nog longer story nog shorter te maak: twee dae later laat die tjekboek ons weer innie steek toe Oupa Fritz ’n letsel iewers op ’n onbekende plek wil laat verwyder. By die snydokter is toe ok ’n bordjie wat waarsku: Ons aanvaar geen tjeks nie. Djou letsel kan net met harde kontant weggesny word.

Of met ’n plastic kaartjie! Nouja, nou sit ek maar hier oppie longdrop met my Dunhill en waarsku djou die dae van die tjekboek in djou gatsak is getel. Ek gaat vanaand langer op die longdrop sit en nog ’n Dunhill brandsteek.

Dalk die tjekboek ook. As ek aan nog iets dink, laat weet ek djou soos in nou. Groete vir eers. Djou pel van Donkerhoek; daar waar die kooltjies rooiwarm in die duisternis glinster met ’n nuttelose tjekboek in djou gatsak…

David