Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

9.03.2010

'n Mens se wortels lê dieper as wat jy dink

© Republikein
Estelle de Bruyn
MY eerste herinneringe aan “kerk” strek terug na die kerksaal oorkant die laerskool op Orkney.

Ek moes bitter klein gewees het. Ongelukkig is my eerste herinneringe aan “kerk” nie goed nie.

Ons het op hout-opvoustoele en houtbanke gesit. Die rekkie van my hoed, onder my ken, het my nek geknel. Partykeer het ek die rekkie in my mond gesit en dan skiet hy los en slaan my in die gesig.

Ek onthou dominee Troskie met sy toga en tossels. Hy het vir my baie kwaai gelyk. Hy het sy “s”-e so gesleep om erns aan die preek te verleen.

Maar meer as alles onthou ek dat as ek te veel rondgeskuif het en moeilik was, óf my ma óf my pa my aan die hand (redelik hardhandig) buite toe gevat het en ‘n goeie pak slae gegee het met die vermaning dat dit die Huis van die Here is en dat stout kinders nie geduld word nie. Later onthou ek ‘n biddag vir reën. Met die aanvang van my hoërskoolloopbaan was ds. Ellis die leraar. Die pastoriekinders was my portuurgroep. Ek het een keer vir Eduard, een van die drie pastorieseuns, gevra hoekom is pastoriekinders so stout. Sy antwoord: want ons speel met die gemeente se kinders.

Ons het KJA toe gegaan op Donderdagaande in die saal en speletjiesaande gehou en op een tyd was ek selfs die sekretaresse van die KJA. Aanvanklik oorgestap saal toe, maar ná my pa my leer motorbestuur het, het ek saans sonder ‘n lisensie met sy blou Toyota-bakkie, hier oor die oop stuk grond voor die skool gery kerksaal toe, tot groot bewondering van my skoolmaats.

Ek is hier aangeneem en voorgestel en in my matriekjaar was ek ‘n Sondagskooljuffrou. Met die oppakkery van my ma se huis kom ek sowaar af op die sertifikaat wat ek destyds gekry het waarmee ek aangestel is as Sondagskooljuffrou, en my aannemingsertifikaat, die sertifikaat vir die eksamen van katkisante (nogal eerste klas behaal) en die Sondagskooldiploma waarop jy elke jaar ‘n seël gekry het om te plak. Myne is uitgereik in 1966, maar ek kort drie seëls, groen seël: groter kinders, silwer seël: groter kinders en katkisasie: blou seël. Weet nie wat daar gebeur het nie. Ek het beslis daardie jare my kant gebring.

Tydens my universiteitsjare op Potchefstroom was ek naweke tuis en ook toe ek begin werk. Ek was Sondae in hierdie kerk as ek hier was. So het ek algaande fisies weggetrek van die gemeente, maar nie geestelik nie.

As grootmens, as ek by my ma kom kuier het, was ek tuis in die kerk. Bekend, veilig, geborge in die bekende gesigte van die mense voor wie en saam met wie ek grootgeword het. Het onlangs weer vir Pietie du Toit gesien. Sy sussie Alta was in my klas op skool.

Ek het nou die dag vir die eerste keer die gedenkmuur by die kerk gesien. Oom Theuns het my gevat. Ons het gestap deur die pragtige kerktuin wat Tannie Bokkie met soveel liefde, sweet en harde werk in ‘n lushof omskep het.

Die gedenkmuur is mooi en ek het gesukkel om die trane van my wange af te hou. Oom Johan se assies is hier in die muur.

Hy was my ma se neef. Hier wil ek ook eendag my assies laat bêre. Want hier het ek grootgeword en met tussenposes in my grootmenslewe, ouer geword. Hier is ek tuis. Kinders besoek nie meer grafte nie en dis seker te verstane. Maar in hierdie gemeente wil ek die stof wat oorbly graag ter ruste lê.

Soos oom Theuns sê, dan kan ons nog oor die muur loer en kyk of die nuwe eienaars ten minste die tuine van ons ou huise water gee.