17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.01.2012

Mans, vroue en die corpus watsegoete!

© Republikein
Boet Matthews
ONS koffiekroegvlieë se bekers is nog skaars vol vir die eerste sessie van die nuwe jaar toe Walter ’n storm in die vroue se teepot ontketen met sy opmerking oor “die gerammel in ’n vrou se kop.”

Dis te laat om hom te laat weet dis ’n baie gevaarlike “topic’ daai, maar die koeël is deur die kerk en die pleistersplinters trek wild en woes.

Maggie sê dis g’n ’n gerammel nie.

“Vroue kan soggens in die bed lê en lees terwyl die radio of TV aan is en presies weet wat sy lees en hoor, met een oog en al. Mans kan dit nie doen nie. As jy ’n man so ver kry om een aand die skottelgoed te help was en jy vertel hom allerlei goete, sal hy die volgende dag niks van die gesprek onthou nie. Vroue onthou elke woord, dit terwyl hulle nog besig was om na die nuus te luister en te onthou van die koek in die oond.”

Lientjie sê dis ’n aangebore kwaal by mans.

“Ek wens hoeka al dat daai ‘unisex’-ding beter gewerk het en dat ons teen die tyd al ’n een geslag generasie gehad het, al moes ons dan nou almal broeke en hemde dra, of behoed ons, almal rokke en lang hare. Al wat belangrik is, is dat mans dan ook die sogenaamde gerammel in hul koppe sou hê. En die wêreld sou ’n beter plek gewees het.”

Magda slaat ons mans vir ’n ses met haar teorie: mans se corpus callosum is kleiner.

“Dis nou daai bundel senuwees wat die linker- en regterbrein verbind. Dis hoekom vroue meer as een ding op ’n slag kan doen en hoekom alle mans eintlik verstandelik so effens vertraag is.”

Sjoe! Ons mans wil iets sê, maar Lientjie laat loop al klaar.

“Daar’s maar min verkeer in die man se regterbrein; dis nou daar waar emosies, die abstrakte, die sensitiewe en die intuïtief geleë is. Mans dink net met hul linkerlobbe: logies, analities en prakties. Ons vroue het daagliks ’n gerammel in ons koppe oor emosies, logika, praktiese benaderings, analise en intuïsie. Dis hel, want in die middel van dit alles skreeu manlief en vra waar is die kos!”

En as ons gedink het dis die einde van die kopwas, het ons vergeet van Saartjie.

“Ons regterbrein maak van vroue wonderlike wesens. Ons is gevoeliger vir harde en sagte stemtone. As jou man twaalfuur die nag die huis binnesluip ná nog ’n veerpyltjievergadering, kan ’n vrou presies sê waar hy was, saam met wie en wat gedoen is. Mans het nie intuïsie nie. Ons vroue weet wat ons babas wil eet nog voordat hulle dit vir ons laat probeer verstaan.”

Vaatjie probeer red wat te redde is en sê: “Maar mans kan byvoorbeeld ’n padkaart baie beter lees as ’n vrou, nê?” Lientjie sê dis omdat daar so min verkeer oor sy corpus callosum loop dat ’n man dit kan doen.“Hy kan net op een ding op ’n slag konsentreer en dit dan goed doen. Soos blêrrie kaartlees!”

Balie sê dis alles die oerdae se skuld.

“Ons mans moes gaat jag en ons pad huis toe kry.” Miems val hom in die rede. “Julle doen dit vandag nog. (Nog net enetjie vir die pad, Willem?)”

Calla se flouerige antwoord is dat mans darem ’n warm bed en ’n lekker bord kos waardeer.

Dis genoeg om vir Saartjie nog kwater te maak.

“Julle sit en redenaar oor die gerammel in ’n vrou se kop. Weet julle spulletjie dat ons vroue elke dag moet kophou met PMS. Dit staan vir pruil-man-sindroom en julle hoef dit net een keer per maand met ’n vrou in die gesig te staar.

“Boonop moet ons onthou dat testosteroon julle mans mos aggressief maak. Daarom moet ons met die gerammel klaar in ons koppe nog onthou dat jul testosteroonvlakke soggens op hul hoogste is en ons vroue dan nie met julle moet stry nie. Ons moet wag vir die aand voordat ons ’n lekker ‘fight’ kan begin. Siestog!”

“Dis oor ons besige corpus collosum dat ons al as jong meisies ons wimpers kan fladder en julle outjies op sleeptou neem deur te flirt. En julle dan net soos ’n warm patat te los.”

Calla staan op en maak verskoning.

“Ek gaat nou na my dokter toe ry en ’n afspraak vir my vrou maak.

“Haar corpus watsegoete moet vandag nog uit!