Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

26.02.2010

Laat ‘n houtlepel die uraankoekie roer

© Republikein
Des Erasmus
DOER op die barre Namibvlaktes sien ek weer vir die Maria van lank gelede by die pappot staan. Houtlepel. Bossiestompies vir die lui vlam en ’n neurieliedjie vir die kleinding op haar rug. Dis nou verlede week toe Paul Day daar by Trekkopje vir die manne sê: “Lig die konka se deksel!”

So amper of hy vir die nuushonde van die kus wil vra: “Manne, hoe vat julle jul tee?“

Dis nou dié Paul, nou baas van Areva se woestynplaas.

Toe die houer se deksel lig, staan die potjie daar. “Pure Yellow Cake”. Die geel koek is die eindpunt van elke uraansoekery hier te lande. Dit staan onder so ’n vloeistoflagie, maar in antwoord op ’n vraag kom die antwoord. Die kosbare stof kom eintlik in poeiervorm. Ja, meen ek. Poeier soos wat geelmieliemeel ook in ’n poeier uit die sak kom. Die plaasmamma het immer gesê die geelmieliemeel is beter as die witte. Glo meer voedsaam. Vir die smaak was bruinsuiker ook beter as die witte.

Vir die geelmieliemeel was lappies land destyds met ’n bietjie kraalmis en ou hooi gespesery. Boeresweet het saam met die water van die leivoor gemeng om die vrugbare aarde te voed. Groot koppe het met bietjiebaard gewys dat hulle plukbaar was. Die oes was genoeg vir vele. Hier op Trekkopje is dit anders. Berge word verskuif en dale word gevul, paaie word gebou en ’n veiligheidsmag waak om by die potjie pap uit te kom. Al eendersheid is dat dit krag gee. Die mieliemeel van destyds krag vir die spiere van die landman. Die geel koek van vandag vir krag vir ’n wagtende wêreld.

Uraan het ook alles verander hier waar dit eens plaas was toe die Namib nog gewik en geweeg het tussen woestyn – en ’n boerdery. Lank gelede het ’n skaapwagter hier agter sy boktrop aangestap en sy pyp gestop om dit later teen ’n granietklip uit te klop. Vandag is dit ’n woelende gewerskaf met kruiptrekkers, laaigrawe en monsteragtige vragdraers in die soeke na die bestanddele van die klein geel koekie. En die wagter het met die hand voor die oë in die rigting van die Erongo’s gekyk of ’n trae wolkie nie dalk sy reënseën na die versteekte hoekie in die ooptes gaan bring nie.

Water was lewe. Water is steeds die lewe van Trekkopje ná die mynrewolusie. Maar anders as die boorman wat aan die tou van die stampers na die vog onder die aarde gesoek het, word water nou vir Trekkopje gemaak met die ontsoutingsaanleg by Wlotzkasbaken met die see as onuitputlike bron.

Soos die bokwagter wat die krultabak op sy pyp se kop met die duim platgedruk het, was daar ook rokers in die kringetjie (die verfoeide geslag). Maar hier waar die aarde nou verskuif word, is ’n sigaretstompie soos ’n bloedsonde. Dit terwyl die geel koek nie-bestralend en nie plofbaar is nie. Daarvoor moet dit eers in die buiteland verryk word. Ja, dis netjiese manne en vroue dié van Areva.

Daar word tot in die hart van die omgewing gegryp, maar in elke mynoorweging word rekening met die sprakelose omgewing gehou. Selfs die pypleiding word so gebou dat daar plek-plek deurkomkans vir ’n koetsende volstruis kan wees.

Ook vir die mense word omgegee. Mynstewels sal jy dra en plastiekhelms sal jou hoof bedek. By gebrek aan tooiselwande kan die son jou maar steek, maar die kop moet beskerm word, sou ’n rotsblok of ’n werktuig val.

’n Wegwyser dui die koers aan na ’n stuk historiese erfenis. Dis die begraafplaas van soldate wat in die Slag van Trekkopje geval het. Hier het Engelse en Duitsers om besit van ’n stuk aarde geveg wat op die oog af bra bruikloos gelyk het. Hoekom dan die oorlog?

Of was daar iewers ’n generaal met ’n verre visie? Het ’n vergete soldaat lankal geweet dat die oë van die wêreld een dag op die niemandsland gerig gaan word?

Daar is meer as net uraan op die vlaktes van die Namib.