Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Koffie: pit in ou pype en vlooie in die maag!

© Republikein
Boet Matthews
KOFFIE of tee?

Die vraag duik op tussen ‘n paar ontbytpêlle van albei geslagte waar koffie en tee gedrink word.

“Dis ‘n kwessie van seks,” laat David die mense amper in hul drankies verstik. “Koffie het die karakter van ‘n man, maar kan ‘n boer troos soos ‘n vrou. Tee is puur “lady”. En koffie kan mos praat ook. Myne sê elke oggend vir my: “Aaaaaaaaaa! Opstaantyd!”

Hy seg die koffiepit sit vars pit in ou pype. Sit jan in die kan, gee krag, maak wakker en maak slim. Soggens bring dit koue bloed tot by prutpunt en koue moed tot by opstaanpunt. “’n ‘Cuppa tea’ kan dit nie doen nie. Die goed moet dan eers trek voordat jy kan skink. Oor ‘n koppie tee kan jy sit en sloer. En sit. En sloer.”

Koffie moet sterk wees soos die dood, bitter soos die lewe self, swart soos die nag en warm soos die warmste plek van almal. As jy hom so gooi in robuuste erdebekers of ‘n blikbeker kan jy die moed voel styg. En as die moed warm in jou maag gaan lê, kan jy kaalvoet deur die Namib stap, veldslae wen, die dood tart, die lewe in die gesig kyk en ‘n werkdag ore aansit. Koffiekrag!

Die luisteraars het nog nie so oor koffie gedink nie, maar met die ontleding begin die koppe rondom die tafel al meer instemmend knik elke keer as David “koffie” sê.

Toe kry Hennie ook koffiekrag. “Ja,” seg hy, “koffie is eintlik vloeibare Africana, kultuurgoete. As jy koffie wegvat, sal jy ’n energiekrisis soos nog nooit beleef nie. Want karre loop op petrol, maar mense op koffie. Hulle kan dalk nog olie in Namibië kry, maar van koffie weet ek nie en dit maak my bang.”

Toe gooi Katrina ‘n teeblaartjie in die pot. “Ek stem saam. Tee praat met my oor verkwikking, kalmte en verfyning. Oor geblomde rokkies, oor vlinderagtige toebroodjies waarop komkommerskyfies liggies lê, en die fynste, sierlikste ou wit en pienk teekoppietjies. Koffie is ‘n ander knaap. Hy sê vir jou: ‘vat jou knapsak met beskuit en gaan blerrie werk.’ ”

Elizabeth val ook in by die koffiekoor. “Tee is lekker en tee is gesonder as koffie. Boonop bied tee jou glo ‘n toekoms, rooskleurig of swart, hang net af hoe die blare val. Maar wie wil nou sy toekoms saam met blare insluk?”

Nou is dit Boeta se beurt om ook moer in die koffiekan te roer. “Het julle geweet koffiedrinkers is hartstogtelik oor hul produkte. Daar is die koffiesakkers (hello, Oom Des!), die sypelkanners en filteraars het status en die kitsers het gerief (eintlik die hoipolloi). Maar ek vra nie soggens na resep, heimat of stookplek nie. Ek drink net.”

David sê dit is so dat koffie hom glo op jou ingewande wreek, dat dit jou hartkloppings gee, slapeloosheid veroorsaak, lae bloedsuiker, trombose, maagsere en volgens Ouma Bettie ook vlooie in jou maag. “Ek ‘worry’ oor die goed, maar môreoggend suip ek weer swart koffie en luister hoe die jolige vlooitjies in my maag jolliepatrollie hou!”

Hy sê koffie is ‘n antidoot (anti-dood?) vir daai lelike, sosiale verskynsel wat die “oorhang” genoem word, of meestal die wingerdstok se weerwraak.

Hier het koffie ook sy naam gemaak, want dit bring die vorige aand se lyf weer terug na die lewe.

“Ek is pal ‘oorgehang’ want my lyf soek elke oggend die lewe in die koffiekan. En die koffievlooie moet dan nou maar tussen die swart afsaksel in my maag aanvoeter.

“Ek is tog klaar oppie koffie.”