Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Ôk ma’ bly ek is nie Malema nie…

© Republikein
Dani Booysen
AS jy deesdae die draadloos se aan-knop draai, is dit Julius Malema wat nou weer die of daai te sê het.

Oukei, darem nie altyd nie, maar statisties lyk dit vir ou Dapperrerige Daniëltjie is jou kans oorweldigend om in die oggendstond met een of ander goudinnie- mond Malemaïsme te make te kry.

Maak nie saak of Zuma self beloof daar is g’n sprake van nasionalisering nie – as Julius dit sê, is dit die Alfa (Romeo) en Omega (-polshorlosie)?

Seer sekerlik kon dit nie vir onse bure suid van die Gariep regtig as ’n verrassing gekom het dat die jonge heer Malema al ’n ou tendertjie of wat gekry het nie.

’Is dan wa’voor kwotas daar is!

(Vir ou Dapper, op sy ouderdom, flonker daar hierdie kant van die grens nie eens meer ’n dowwe liggie dat hy sal baat by ons eie Jeugliga se eis vir ’n jeugtenderkwota nie…)

En as die paaie dan inderdaad so vol gate is, kan ’n slim ou ’n halwe jop altyd maklik op die kontrakteurs blameer?

Iesj, Daantjie – en dalk ’n klomp jonger en ouer Namibiese “junkies” van die politieke diskoers – dank maar net hul sterre dat hul skool- en universiteitsrapporte, bestuurderslisensies, verkeersboetes en rekords by Jan Taks nie ewe maklik aan die groot klok vasgebind word nie.

Of dat woorde wat jy nie versigtig genoeg geweeg het nie, een aaklige môre in ’n wegneemetehoenderadvertensie beland.

Dinge wat in elk geval nooit in die dae voor die bevryding van 1990 tot 1994 gebeur het nie. Of deel van die meer onlangse lot van sekere oud-Springbokke en bekende Afrikaanse sangers was nie…

Wonder wat onse dokta’ Elijah en “comrade” Evilastus met dié soort roem sou maak?

Net die anner dag, oor sy verjaardagpartytjie, kom die media ou Jules weer by oor die arme pensioenarisse water, piesangs en appels kry, terwyl hy, in “solidariteit met die behoeftiges,” die prop van ’n eg-Franse sjampanjebottel, glo oor die N$700 werd, die lug in blaas.

Behalwe dat die water en vrugte seker gesonder virrie oues van dae as Kaalgat is, sou dit vir die heer Malema miskien tog maar wyser gewees het om vir eers, in omstandighede, met die duurste dop briek te trek.

Minstens tot ’n mooi ronde ’jaarsdag. Soos 2011 se dertig, of 2021 se 40, 2031 se 50 of 2061 se halfpadmerk na 160?

Oor die Malemas van vandag moet ons grootste kommer nie wees dat hulle in ’n kits as staatshoofde gaat ontpop nie.

Liewer dat die oordrewe sensasionalisering van sulke weerligafleiers se losse praatjies te veel mense in die hinderlaag van ’n swart of wit mentaliteit kan lei – waarin burgers nie meer die reënboë van werkbare oplossings in al die gryse tussenin kan raaksien nie?

Wat’s volgende?

Malema wat verfoei word omdat hy ingevoerde vyflaagtoiletpapier koop eerder as om ’n plaaslike enkellaag-bedryf te ondersteun waarin hy ’n minderheidsaandeel hou wat hy juis nie op die “bill boards” wil uitbasuin nie?

Nee wat, los maar.

Mens behoort iemand nooit ’n groter stem te gee as wat hy regtig het nie?

Die ou, ou uitdrukking waarsku immers: Wie ’n put grawe vir ’n ander (selfs al is dit Malema) val al te maklik self daarin…