|
|
10.3.2010 Ôk ma’ bly ek is nie Malema nie… |  AS jy deesdae die draadloos se aan-knop draai, is dit Julius Malema wat nou weer die of daai te sê het.
Oukei, darem nie altyd nie, maar statisties lyk dit vir ou Dapperrerige Daniëltjie is jou kans oorweldigend om in die oggendstond met een of ander goudinnie- mond Malemaïsme te make te kry. Lees meer |
|
9.3.2010 'n Mens se wortels lê dieper as wat jy dink |  MY eerste herinneringe aan “kerk” strek terug na die kerksaal oorkant die laerskool op Orkney.
Ek moes bitter klein gewees het. Ongelukkig is my eerste herinneringe aan “kerk” nie goed nie.
Ons het op hout-opvoustoele en houtbanke gesit. Lees meer |
|
8.3.2010 Foefieslaaid vrolik deur die lewe |  DIE Lang Generaal hou van datums. Hy teken alle belangrike gebeurtenisse in sy dagboek aan. Hy laat mense op sekere datums vermoor of “uitvat” sodat dit saamval met ’n sekere geskiedkundige gebeurtenis. Die Lang Generaal hou van geskiedenis. Lees meer |
|
5.3.2010 Op ’n baaisiekel in ’n terugtog na beter dae |  OP Omaruru wyk die wag voor my taalmond op ’n Sondagoggend en praat ek van ’n baaisiekel. Net vir ’n oomblik kom wonder op of die allernuutste woordelys nie die naam vir die kontrepsie erken nie. Nee, onder die puriteine bly dit ’n trapfiets. Lees meer |
|
4.3.2010 Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg |  OM ’n joernalis te wees is om gek te wees. Dit is die dure les wat Boetman in byna 20 jaar se kringe om die bos gehardloop het. As boodskapper van die goeie en slegte tyding het hierdie skrywer oor vulpenne en balpuntpenne gerol om tot in die moderne eeu van rekenaarjoeralistiek te vorder. Lees meer |
|
3.3.2010 Elke siel en plekkie het maar sy (T)ses en sy nul |  DIE piepklein dorpies wat die wye kaart van onse land bestippel, bly eenvoudig ’n ongelooflike bron van storie, feit, fiksie en flater.
Seker maar nes die mens en sy hele bestaanskaia?
Vat nou maar vir Tses dour in die verre Karas.
Vir dié wattie mooi weet waar hy lê nie – ... Lees meer |
|
2.3.2010 ... En nou staan die huis daar met leë oogkaste |  Dis vreemd hoe ‘n mens jou voorberei op iets groots en dan tref ‘n dwarshou jou uit die skerpby-kant wat jy nooit sien kom het nie. Been voor paaltjie óf dalk eerder skoongeboul.
Met die oorhaastige voorbereiding van my eie trek na my nuwe huisie, ... Lees meer |
|
1.3.2010 Kultuur, die lewensbloed wat nasies voed |  KULTUURDIER, kultuurvraat, selfs ’n kultuursnob is ek al genoem.
Kulture en tradisies regoor die wêreld is vir my baie interessant. Hoe mense leef, wat hulle eet, die tale wat hulle praat, hoe hulle dans, wat hulle aantrek en hul geskiedenis. As jy reis, ... Lees meer |
|
26.2.2010 Laat ‘n houtlepel die uraankoekie roer |  DOER op die barre Namibvlaktes sien ek weer vir die Maria van lank gelede by die pappot staan. Houtlepel. Bossiestompies vir die lui vlam en ’n neurieliedjie vir die kleinding op haar rug. Dis nou verlede week toe Paul Day daar by Trekkopje vir die manne sê: “Lig die konka se deksel! Lees meer |
|
25.2.2010 Die storie van Leila se kind en die engele |  TA’ Han het nie dadelik my vraag beantwoord nie.
Sy het haar meelhande tydsaam aan haar voorskoot afgevee en gestrek om die vuurhoutjies bo-op die stoofkas by te kom.
Toe die gas vlamvat, het sy die ketel op die brander gesit en begin om die teegoed op die skinkbord uit te pak. Lees meer |
|
|